Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Erfenis met kleur en geur in Noord-Kaap gevier
Walter Günther (6) het sy eie braaivleisvuur in sy eie braaidrom gemaak terwyl sy pa, Felix, vir die gesin gebraai het. Foto: Verskaf

Noord-Kapenaars het Donderdag Erfenisdag met kleur, geur en liefdadigheid gevier.

In Mier, diep in die Kalahari, het ’n groep Nama- en Griekwa-vroue van die gemeenskapswerkprogram die geleentheid aangegryp om bejaardes ’n bietjie te bederf.

Retha Hayes Compion van Pofadder was reeds vroegdag aan die bak op Erfenisdag. Foto: Verskaf
AJ Jordaan (7) het soos ’n regte Noord-Kaapse boerseun aangetrek om Erfenisdag by die Laerskool Sentraal-Kakamas te vier. Foto: Verskaf

Ouma Sannie Tieties (95) en oupa Hans Grawie (75) se huise is opgeknap en geverf en ouma Sannie is ook met ’n manikuur en ’n pedikuur bederf.

Die vroue het in hul tradisionele Nama- en Griekwa-drag die werk verrig en het ook vir ander bejaardes uit die omgewing op ’n lekker bord tradisionele kos trakteer.

Die Laerskool Sentraal-Kakamas het besluit om Erfenisdag by die skool te vier.

Leerlinge van die skool het in hul tradisionele klere skool bygewoon en is met worsbroodjies en koeldrank bederf.

Die leerlinge sal Vrydag ’n vakansiedag neem.

Retha Hayes Compion, ’n boervrou van Pofadder, was al vroeg uit die vere om haar gewilde tradisionele koekies en beskuit te bak.

“Ek moet Vrydag 24 kg koekies en beskuit en Saterdag ’n verjaardagkoek aflewer. Daar is geen rusdag vir my nie, maar ek is baie dankbaar,” sê sy.

Alida van Wyk, Shalamar Skeffers, Clarika Visagie, Ragel Cloete en Charlotte de Koker van die CPW in Mier het ouma Sannie Tieties (95), vierde van links, bederf deur haar huis te verf. Foto: Verskaf
Rihancha Jansen (7) het te spoggerig in haar Zoeloe-uitrusting gelyk. Foto: Verskaf
Debi Louw (9) het in haar tradisionele Xhosa-klere skool toe gekom. Foto: Verskaf

Die inkomste uit haar gebak help om tydens die droogte voer vir die plaas se vee te koop.

Die Günther-gesin van Marchand naby Augrabies het die dag met ’n heerlike vleisbraai gevier.

Walter Günther het sy eie tjoppie op sy eie braaidrom gebraai wat sy pa, Felix, vir hom gemaak het.

“Hy is mal oor braai en wil altyd sy eie vuurtjie aansteek en daarom het ek vir hom sy eie braaidrom gemaak,” sê Felix.

Die kwik het Donderdag tot 36 °C in die Boesmanland en Kalahari gestyg en baie Noord-Kapenaars het besluit om die dag langs die braaivleisvure en in die swembad deur te bring.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Erfenisdag  |  Erfenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.