Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Erge donderstorms tref Gauteng vanmiddag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Woensdagoggend gewaarsku dat oorstromings in laagliggende dele van Gauteng van Woensdagmiddag af kan voorkom.

Kgolofelo Mahlangu, meteoroloog van die SAWD, sê donderstorms gaan die provinsie vanmiddag tref.

“Die voorspelling is dat erge donderstorms teen omstreeks 17:00 sal begin. Ligte reën sal vroegmiddag begin uitsak,” sê Mahlangu.

Sy sê dit is onduidelik presies hoeveel reën Gautengers kan verwag, maar dat dit “ ’n beduidende hoeveelheid” reën sal wees.

“Die storms sal ook gepaard gaan met erge wind en weerlig,” sê Mahlangu.

Die Johannesburg-metro se rampbestuurafdeling is ook reeds paraat.

In ’n verklaring doen die eenheid ’n beroep op mense om waaksaam te wees.

“Probeer sover as moontlik om binnehuis te bly, moet nie skuiling gaan soek onder bome nie, wees op die uitkyk vir tekens van bome wat gaan omwaai, vermy oop spasies en moenie oor lae brûe ry nie,” lui die eenheid se verklaring.

Wolke hang Woensdagoggend oor Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Donderstorms  |  Sawd  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.