Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Erica Wessels word ma op 41

Hoewel dit deesdae die neiging is om swanger te raak as jy ouer is, bly die realiteit dat dit moeiliker is ná 35. Die aktrise Erica Wessels (41) se eersteling, Stella Kato, is op 10 Oktober gebore nadat sy en haar man, Willem Boshoff (43), twee jaar lank sonder sukses probeer het vir ’n baba.

“Dis belangrik dat mense moet besef hoewel dit ’n neiging is om later ouers te word, is die realiteit dat dit steeds moeiliker raak as jy ouer is,” sê sy.

Ná haar 40ste verjaardag het hulle besluit om mediese hulp te kry. “Ons het elke liewe toets gedoen wat nodig was en die resultate het gewys dat ek en Willem geen probleme het nie. Ons was net oud,” vertel sy. “Ná al die jare is daar steeds so ’n stigma oor probleme om swanger te raak.

“Ons het met behandeling begin en ek het geleef met hierdie hoekie van skaamte in my hart. Keer op keer as ek by ’n kinderpartytjie of iemand anders se ooievaarstee was, het ek gemaak asof niks fout is nie, terwyl my hart gehuil het,” sê Wessels.

Maar aan die begin van die jaar het alles verander toe sy besluit het om openlik oor haar stryd te praat – en sy het kort daarna swanger geraak.

“Dis toe dat ek besef hoe baie mense daar is met dieselfde probleem. En kyk, dis belangrik om te sê dat enigiets moontlik is en ja, ek glo in wonderwerke. Maar ek wil ook benadruk dat mense moet besef as jy regtig wil kinders hê, moet jy dalk ’n plan maak om eierselle te vries of wat ook al nodig is voor jy te oud is.”

Hulle is baie dankbaar dat klein Stella nou hier is.

“Sy is die beeldskoonste dingetjie wat ek al gesien het. Alles in ag genome, is sy op presies die regte tyd gebore. En Willem is so ’n wonderlike hands-on pa. Hy is baie snaaks en hou veral daarvan om doeke om te ruil. Dan sing hy rockliedjies en maak sy eie snaakse woorde op oor die situasie,” lag Wessels.

Hoewel Stella tans haar groot prioriteit is, doen sy steeds stemwerk en hoop om weer volgende jaar ’n lekker rol los te slaan wanneer Stella ’n bietjie groter is.suzanne.venter@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.