Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Ervare bergklimmer’ sterf op Muizenberg-krans

’n Ervare bergklimmer is Sondagmiddag op die Muizenberg-krans in Kaapstad dood.

Die Bergklimklub van Suid-Afrika se soek-en-reddingspan sê in ’n verklaring die persoon is ’n “gerespekteerde klimmer” en dat die persoon in ’n “klimongeluk” dood is. Meer besonderhede is egter nie bekend gemaak nie.

Daar is met ’n grootskaalse operasie begin en die helikopter van die provinsiale gesonheidsdepartment en Rooikruis is ook in die redddingspoging gebruik.

“Die weersomstandighede was uitdagend en reddingspanne het vanuit die lug, asook op die grond probeer om by die klimmer uit te kom,” lui die verklaring.

’n Klimmer met tegniese ervaring en paramedikus is per helikopter tot by die klimmer geneem.

Terselfdertyd het 25 lede van die bergklimklub se reddingspan by die berg opgeklim om die klimmer met toue te bereik en het die persoon na ’n meer beskutte gebied geskuif van waar die helikopter die klimmer kon bereik.

Die stapper is in ’n ongeluk op die Muizenberg-krans dood. Foto: Bergklimklub van Suid-Afrika
Die provinsiale gesondheidsdepartement en Rooikruis het saamgewerk om die stapper te bereik. Foto: Bergklimklub van Suid-Afrika

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.