Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eskom-bestuurder weier dat kliënt Afrikaans praat

“Hier praat ons nie Afrikaans nie.”

So het ’n Eskom-kliënt van Grabouw in die Wes-Kaap Donderdag gehoor toe hy by die kragverskaffer se kantoor kom om ’n kwessie te bespreek.

Ivan Kortje, een van die VF Plus se premierskandidate vir die Wes-Kaap, wat sê hy is verbied om by Eskom in Grabouw Afrikaans te praat.Foto: Facebook

Ivan Kortje, een van die VF Plus se premierskandidate vir die Wes-Kaap, sê die bestuurder van die tak het geweier dat hy sy situasie aan ’n ander, ook Afrikaanssprekende, Eskom-werknemer verduidelik.

“Sy (die bestuurder) het gesê as ek weier om Engels te praat moet ek haar kantoor verlaat,” sê Kortje.

“Toe gaan ek maar uit. Ek het aangebied om alles vir haar te vertaal, maar sy het steeds geweier.

“Ek voel dit is onregverdig,” sê Kortje. “Afrikaans is my moedertaal, en ek behoort toegelaat te word om dit te praat. Dit is my reg.

“Net omdat ek ’n bruin man is, beteken dit nie ek is minder lief vir my taal nie. Afrikaans is ín my, dis deel van my binnegoed,” sê Kortje.

Kortje is na Eskom se kantoor in Grabouw nadat die kragtoevoer na ’n gedeelte van sy huis afgeskakel is.

“Hulle het gesê daar is ’n onwettige verbinding. Ek het daarheen (na die kantoor) gegaan om te hoor waar dit vandaan kan kom, want hulle het self onlangs die kragboks daar opgesit,” sê Kortje.

“Eskom behandel al sy kliënte dieselfde,” sê Khulu Phasiwe, nasionale woordvoerder van die kragverskaffer. “Eskom respekteer al die kulture en tale van die gemeenskappe met wie sake gedoen word.

“Die manier waarop een van ons kliënte – of enigiemand anders – na bewering behandel is, weerspieël nie Eskom se sinobuntu (omgee)-waardes wat daarop gemik is om kliënte eerste te stel nie,” sê Phasiwe.

“Die saak sal ondersoek word en die gepaste stappe sal gedoen word om te verseker dat hierdie voorval nie by hierdie of enige ander Eskom-gerief herhaal word nie.”

Meer oor:  Grabouw  |  Afrikaans  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.