Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eskom-boodskappe ‘pure bog’

Twee boodskappe oor Eskom-stakings saai onnodiglik paniek onder mense, meen Elsa Lourens, VF Plus-raadslid in Madibeng.

“Ek wil net mense waarsku oor dié twee ou stemboodskappe rakende Eskom wat nou weer die ronde doen,” sê Lourens, wat die gerugte wat dit bevat as onwaar afmaak.

“Die eerste boodskap het sy oorsprong gedurende die loonstakings wat Eskom gehad het. Dit is glad nie van toepassing nie en niemand kan dié inligting verifieer nie.”

In dié stemboodskap waarsku ’n man dat Eskom-kontrakteurs nie met hul werk kan voortgaan nie uit vrees dat hul voertuie verbrand en hulle deur stakers aangerand sal word.

“Die ander boodskap lui dat ’n groot staking onder Eskom-werkers op 25 April ophande is wat die land tot ’n algehele stilstand gaan dwing wat weke sal neem om op te klaar. Dit is pure bog. Ek wil mense vra om asseblief nie hierdie valse boodskappe rond te stuur en onder hul groepe te versprei nie,” het Lourens gesê.

Volgens Lourens is dit belangrik om seker te maak van die feite voordat boodskappe blindelings versprei word. “Enige naamlose bronne wat gerugte op sosiale media versprei, moet geïgnoreer word. Wees veral bedag op boodskappe met ongeverifieerde inligting,” waarsku Lourens.

Meer oor:  Vf Plus  |  Madibeng  |  Fopnuus  |  Stakings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.