Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eskom raak uiteindelik hardegat in Soweto

Eskom het uiteindelik begin om die krag af te sny van inwoners van Soweto wat versuim om te betaal.

Sydney Ndhlovu (63) van Soweto sê inwoners van dié buurt behoort te betaal vir die elektrisiteit wat hulle gebruik, maar hy sal verkies dat dit ’n eenvormige bedrag van tussen R150 en R200 is.

Die sukkelende kragreus skop ook vas teen eise deur inwoners om ’n eenvormige kragtarief per huishouding in te stel – een bedrag, maak nie saak hoeveel elektrisiteit jy gebruik nie.

Eskom het Vrydag gesê tariewe word deur die reguleerder Nersa bepaal. “Alle verbruikers oor die land heen moet dus die tarief betaal wat op hulle van toepassing is. Eskom kan nie aparte tariewe beding nie en voorkeurreëlings buite dit wat gereguleer word, is buite die kwessie.”

Eskom sê ’n eenvormige tarief kan lei tot ’n “vermorsing van elektrisiteit”, in gevalle waar verbruikers meer krag begin gebruik omdat hulle nie vir die ekstra krag betaal nie.

Rapport het Soweto besoek, waar inwoners Eskom altesame R16 miljard skuld. Baie inwoners sê hulle kán gewoon nie betaal nie.

‘As ek werk het, sal ek betaal.’

“Ek het nie geld nie. As ek werk het, sal ek betaal,” het die 48-jarige Bongani Masuku Woensdag gesê. Masuku, wat volgens hom matriek geslaag het maar nog nooit ’n werk gehad het nie, sê as hy werk sou kry met ’n inkomste van R2 500, sal hy sowat R500 vir elektrisiteit moet opdok. “Wat van vervoer na die stad en die instandhouding van my huis?” het hy opmerklik moedeloos gevra waar hy en nog twee mans onder ’n skaduboom langs die straat gesit het.

“Eskom moet ook die mense se skuld skrap,” het hy gesê.

Evelyn Zondo (67), wat springmielies en slaptjips buite haar huis verkoop, is ook ten gunste van ’n eenvormige tarief, maar sê dis belangrik dat almal dan betaal. Sy dok tans tussen R300 en R350 per maand op vir elektrisiteit. “Maar hoe meer ons betaal, hoe meer gaan die pryse net op – en waar moet pensioentrekkers die geld vandaan kry?”

Samson Nakune (55) sê diegene wat in staat is om te betaal, moet dit doen. Sydney Ndhlovu (63) sê ook die inwoners behoort te betaal, maar dan verkieslik niks meer as R200 nie. “Ek werk nie en kry ’n Sassa-toelae. Ek moet ook betaal vir my seuns se opvoeding. Dit gaan moeilik.”

Eskom het egter nou begin om die krag af te sny van diegene wat nie betaal nie, asook enigeen wat met meters gepeuter het of onwettig aan die netwerk gekoppel is. Dit veroorsaak uiteraard onmin: Twee weke gelede het inwoners in sone 5 van Meadowlands buitebande verbrand en paaie versper toe hul krag vir vier dae af was.

“Eskom monitor die koopgeskiedenis van kliënte en die meters word geoudit. Meters waarmee gepeuter is, word afgesny en boetes volg. As die boetes betaal word, word die kliënt se toevoer herstel.” Sedertdien het die betalings verbeter, sê Eskom.

Past. Gerald Mthembi van die AFM Hope Community moedig die gemeenskap aan “om die regte ding te doen, terwyl ons ook ’n beroep doen op die regering om dienste te verskaf”. Hy sê dienslewering gaan agteruit.

“Dit maak dat mense nie verplig voel om te betaal nie.”

te betaal nie.”

Jodilee Matongo, ANC-woordvoerder in Johannesburg, sê die ANC-beleid is dat mense moet betaal vir die krag wat hulle gebruik en die oplossing is om voorafbetaal meters aan te bring – iets waarteen sommige inwoners van Soweto in die verlede heftig beswaar gemaak het.

Meer oor:  Soweto  |  Kragkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.