Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eskom 'sal sterk optree teen stakers'

Eskom sê hy sal streng optree teen werkers wat besluit om aan die beoogde staking deel te neem wat Suid-Afrika se kragtoevoer in gedrang kan bring.

Dit volg nadat Eskom besluit het dat al die maatskappy se werknemers vanjaar geen salarisverhoging en bonusse gaan kry nie, sê Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder.

“Ons het besluit om koste te besnoei omdat Eskom se uitgawes steeds meer is as sy inkomste. Ons vra vakbonde om te verstaan dat ons eers weer finansieel stabiel moet raak voordat ons verhogings kan gee,” sê Phasiwe.

Eskom is al ’n geruime tyd in ’n finansiële krisis gedompel en werk reeds aan ’n omkeerstrategie om die maatskappy weer finansieel stabiel te maak.

Die nasionale kragverskaffer het sowat twee weke gelede samesprekings met vakbondleiers van die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) en die Nasionale Unie van Metaalwerkers in Suid-Afrika (Numsa) oor die beslissing gehou.

eNCA berig dat dié vakbonde nié die beslissing wou aanvaar nie en dreig nou om te staak. Dit is nog onduidelik wanneer die beoogde staking sal plaasvind.

Phasiwe wou nie sê wat die gevolge van só ’n staking sal wees sou dit gebeur nie. Hy sê Eskom sal die probleem hanteer indien dit opduik. Die woordvoerder het ook gewaarsku dat werknemers van Eskom volgens wet nie aan stakings mag deelneem nie.

“Alle werknemers wat nie op hul poste is nie, moet verduidelik hoekom hulle van die werk af wegbly.”

Meer oor:  Eskom  |  Khulu Phasiwe  |  Kragtoevoer  |  Stakings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.