Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eskom sny dorp se krag wyl land bibber

Terwyl die land in die wurggreep van ’n kouefront is, het inwoners van Schweizer-Reneke soggens vroeg en saans ure lank nie elektrisiteit nie.

Eskom sny die kragtoevoer na dié dorp van 06:00 tot 09:00 en weer van 17:00 tot 20:30 af weens die Mamusa-munisipaliteit se skuld van R61 miljoen aan Eskom.

Indien ’n afbetaalooreenkoms nie gou bereik word nie, sal die kragtoevoer vanaf volgende week daagliks van 06:00 tot 20:00 onderbreek word.

Ons betaal ons lopende Eskom-rekening. Ons kry maar sowat R60 000 van die R2,5 miljoen dienstegeld wat uit die township (Ipelegeng) verskuldig is.

“Dit sal katastrofiese gevolge vir die dorp se ekonomie inhou,” sê Coenrad Herbst, DA-raadslid in Mamusa. Herbst, ’n apteker, sê hy het medisyne wat onder 10 °C opgeberg moet word. Brandstof vir sy kragopwekker sal hom R448 per dag kos indien dit 14 uur lank moet werk.

Die Mamusa-raad het Andreas Peens, ’n prokureur, opdrag gegee om ’n interdik teen Eskom te probeer kry om die kragonderbrekings te stop. Peens het onlangs so ’n interdik teen Eskom vir die Kgetlengrivier-munisipaliteit in die omgewing van Koster gekry.

Die aansoek om die interdik vir Mamusa in die hooggeregshof in Pretoria sal egter eers op 12 Julie aangehoor kan word omdat die hof in reses is.

“Ons probeer intussen ’n skikking met Eskom bereik,” sê Peens.

Eskom het Dinsdag bevestig die kragonderbrekings sal voortduur totdat die munisipaliteit R5,1 miljoen betaal en aanhou om sy huidige rekening te vereffen.

Peens sê Eskom se optrede is “irrasioneel” omdat verbruikers wat wel hul elektrisiteitsrekeninge betaal of voorafbetaalde krag koop, gestraf word.

“Verbruikers wat betaal, het ’n reg op elektrisiteitsvoorsiening, veral omdat dit ook verband hou met ander grondwetlike regte, soos die reg op ’n skoon omgewing, gesondheid en onderwys.”

Verbruikers wat betaal, het ’n reg op elektrisiteitsvoorsiening, veral omdat dit ook verband hou met ander grondwetlike regte, soos die reg op ’n skoon omgewing, gesondheid en onderwys.

Peens meen Eskom het beter opsies as om betalendes te straf. “Hy kan beslag lê op die munisipaliteit se bates, of die provinsie of selfs die nasionale regering aanspreeklik hou vir die rekening.”

Watertoevoer en rioolbestuur word ook benadeel wanneer pompe wat dié stelsels aandryf, nie kan werk terwyl die krag af is nie, sê Herbst.

Volgens hom kan die munisipaliteit nie die R61 miljoen terugbetaal nie.

“Ons betaal ons lopende Eskom-rekening. Ons kry maar sowat R60 000 van die R2,5 miljoen dienstegeld wat uit die township (Ipelegeng) verskuldig is. Intussen skuld die distriksmunisipaliteit ons R24 miljoen vir waterdienste wat ons lewer, maar hulle kan dit nie betaal nie.”

Nico Kilian, VF Plus-raadslid in Mamusa, meen Eskom was nalatig om toe te laat dat die skuld sedert 2008 toeneem. “Die munisipaliteit betaal vermoedelik ook nie al die elektrisiteitsgeld wat inwoners inbetaal, aan Eskom oor nie omdat hy ’n reuse-salarisrekening moet betaal. Veral kleiner ondernemings wat nie kragopwekkers kan bekostig nie, sal nie kan oorleef indien die kragonderbrekings voortduur nie.”

Kilian sê die Eskomsituasie veroorsaak polarisasie tussen gemeenskappe omdat kragtoevoer na Ipelegeng nié afgesny word nie. “Dit skep te veel misdaadgevare as dit donker is, terwyl die meeste wanbetalers in die township woon.”

Die munisipaliteit het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Meer oor:  Eskom  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.