Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eskom waarsku oor beurtkrag

Eskom het Suid-Afrikaners Donderdagaand laat gewaarsku dat die kans op beurtkrag Vrydag steeds hoog is.

Hy sê beurtkrag was nie Donderdag in werking gestel nie, maar die kans dat dit Vrydag kan gebeur bly steeds hoog.

Eskom pleit dat Suid-Afrikaners moet saamwerk om die druk op die kragnetwerk te verlig deur waterverhitters en nienoodsaaklike ligte en toestelle af te skakel en sê hulle sal beurtkrag nét implementeer indien dit absoluut noodsaaklik is.

Indien beurtkrag ingestel word, gaan só te werk: Mense wat hul elektrisiteit regstreeks van Eskom kry, kan na die beurtkragrooster op Eskom se webtuiste kyk of 0860 037 566 vir meer inligting skakel. Mense wat hul elektrisiteit van hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir die rooster besoek.

Netwerk24 sal lesers op hoogte hou indien beurtkrag wel aangekondig word. 

Meer oor:  Eskom  |  Suid-Afrika  |  Krag  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.