Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eskom wil Goudveld se ligte afsit

Goudvelders het die afgelope week ’n voorsmakie gekry van wat moontlik volgende week op hulle wag wanneer Eskom weens wanbetaling die gebied se krag daagliks gaan afskakel.

Eskom sê in ’n mediaverklaring dat die Matjhabeng-munisipaliteit nie op 3 Desember sy ooreenkoms nagekom het om ’n betaling te maak nie en dat die krag dus vanaf 9 Desember daagliks ses en ’n halfuur lank afgeskakel sal word.

Eskom sou reeds in November die gebied se krag afgeskakel het, maar danksy ’n ooreenkoms is daar uitstel aan die munisipaliteit verleen.

Matjhabeng skuld Eskom meer as R2 miljard.

In die week sal die eerste onderbreking van 06:00 tot 09:00 wees en dan weer van 17:00 tot 20:30.

Oor naweke sal die krag van 08:30 tot 12:00 af wees en dan weer van 15:00 tot 19:00.

Die munisipaliteit kort volgens Maxi Badenhorst, ’n DA-raadslid, R56 miljoen om Eskom tevrede te hou. Die munisipaliteit wag nou dat die nasionale tesourie die munisipaliteit se gelykheidsaandeel oorbetaal sodat dié geld gebruik kan word om die ligte aan te hou.

Matjhabeng bedien Welkom, Virginia, Odendaalsrus, Allanridge, Hennenman en Ventersburg.

Dit is die naasgrootste munisipaliteit in die Vrystaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.