Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eskom wil self skuld invorder

Eskom ondersoek die moontlikheid om self geld van verbruikers in te vorder, het Bulelani Magwanishe, adjunkminister van openbare ondernemings, Dinsdag op ’n mediakonferensie in Bloemfontein bekend gemaak.

Eskom het verlede jaar gedreig om die elektrisiteitstoevoer van verskeie munisipaliteite oor die land heen wat hom saam R9 miljard skuld, te ontkoppel

Volgens Magwanishe wil Eskom self
die geld aan hom verskuldig van verbruikers verhaal en dit wat aan die munisipaliteite verskuldig is aan hulle betaal in ’n poging om die groot munisipale skuld te beperk.

Magwanishe het gesprekke met verteenwoordigers van staatsbeheerde maatskappye en verskillende sektore van die provinsiale regering gevoer om onder meer ’n betalingsooreenkoms met munisipaliteite met uitstaande skuld te sluit om hul Eskom-skuld te delg.

Volgens Magwanishe kan Eskom dié strategie later vanjaar in werking stel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.