Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Etzebeth-dossier weer terug by NVG vir besluit

Die dossier oor die beweerde rassistiese voorval in Langebaan waarby die Springbokslot Eben Etzebeth na bewering betrokke was, is vir ’n tweede keer na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) verwys.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, het Maandag bevestig dat hulle die dossier ontvang het “en besig is om dit te bestudeer”.

Die NVG sal dan die besluit neem of Etzebeth strafregtelik vervolg sal word of nie.

Dit is die tweede keer dat die dossier heen en weer gestuur word nadat die NVG dit einde September ook van die polisie ontvang het, maar teruggestuur het vir verdere ondersoek.

Daar is vroeër berig dat Etzebeth, sy neef Emile, en nog mense verbind word met die beweerde voorval in Langebaan waar hulle glo twee mans aangerand en rassistiese aanmerkings teenoor hulle gemaak het.

Daar is ook beweer dat Etzebeth ’n wapen op hulle en omstanders gerig het.

Die klaers, Enver Wilsenach (42) en Siyaad Smith (21), beweer hulle het in Augustus (omstreeks 02:00) verby die kuierplek Die Watergat in Langebaan geloop toe Etzebeth en die mense saam met hom hulle glo die h-woord genoem en hulle aangerand het.

Etzebeth ontken die voorval ten sterkste.

Nigel Samuels, wat Wilsenach en Smith verteenwoordig, het voorheen gesê nog een verklaring, die mediese rekords van ’n staatshospitaal en DNS-toetse wat op die vuurwapen gedoen is, is nog uitstaande voordat die dossier gereed sal wees.

Samuels was nie Maandag vir kommentaar beskikbaar nie.

Benewens die moontlikheid van vervolging deur die NVG is Etzebeth ook deur die Menseregtekommissie in die gelykheidshof van haatspraak aangekla.

Vroeër is berig daar is eers met dié saak gewag hangende Etzebeth se hersieningsaansoek in die hof.

Hy meen die MRK het onregmatig opgetree in sy ondersoek teen hom.

Meer oor:  Nvg  |  Eric Ntabazalila  |  Eben Etzebeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.