Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Etzebeth-saak moet ‘nog verder ondersoek word’

Verdere ondersoek is nodig ná die twee klagte van aanranding teen die Springbokslot Eben Etzebeth, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gelas.

Die ondersoekdossier is aan die ondersoekbeampte in die Weskus teruggegee met die opdrag dat dit verder ondersoek moet word.

Dit kom nadat die polisie vroeër vandeesmaand die dossier met verklarings oor die voorval aan die NVG oorhandig het sodat Etzebeth vervolg kan word.

Eben Etzebeth.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, sê die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging het nog geen besluit geneem of Etzebeth strafregtelik vervolg sal word nie, omdat die ondersoek nog onvoltooid is.

Intussen was Etzebeth Saterdag op die bank in ’n wedstryd tussen die Springbokke en Namibië. Etzebeth het wel speelkans gekry in dié wedstryd wat die Bokke met 57-3 gewen het.

Die klagte teen Etzebeth spruit uit ’n voorval verlede maand waarin beweer word dat Etzebeth en ’n groep mense wat saam met hom was, twee mans aangerand en na bewering rassistiese aanmerkings teenoor hulle gemaak het.

Volgens Sammy Claassen, een van die klaers in die saak, sal die Menseregtekommissie (MRK) Maandag dokumente in verband met nog ’n klag, dié keer van haatspraak, aan die gelykheidshof in Kaapstad oorhandig.

Dit kon nie met die MRK bevestig word nie, al het verteenwoordigers van die MRK die moontlikheid van die saak verlede Donderdag bevestig.

Netwerk24 het vroeër berig die klerk van die gelykheidshof sal die dokumente ontvang en dan die dokumente binne tien werkdae aan Etzebeth gee. Etzebeth sal dan 20 werkdae hê om daarop te reageer.

Wanneer die gelykheidshof die reaksies gekry het, sal al die dokumente binne 20 werkdae aan die gelykheidsregter voorgelê word, wat dan sal besluit of Etzebeth vervolg sal word vir haatspraak in die gelykheidshof.

Dit is in die stadium onduidelik watter stappe gedoen sal word om die dokumente aan Etzebeth te verskaf, aangesien hy nog geruime tyd in Japan sal wees vir die Wêreldbekertoernooi.

Volgens Claassen word Eben se broer, Emile (30), ook aangekla van haatspraak nadat ’n ooggetuie hom na bewering met die voorval in Langebaan verbind het.Claassen beskuldig ook SA Rugby daarvan dat hulle die saak teen Etzebeth probeer ontwyk.

“Ons mobiliseer tans verskeie organisasies om te betoog teen rassisme in rugby en veral die Etzebeth-saak. SA Rugby toets die mag van die swart meerderheid en diegene wat die trauma en pyn van haatspraak in die gesig staar,” sê Claassen.

Die Bokke gaan volgens 'n woordvoerder nie kommentaar lewer nie, maar sal soos vroeër deur hulle aangedui is hul volle samewerking gee.

Meer oor:  Mrk  |  Nvg  |  Eben Etzebeth  |  Rassisme  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.