Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Etzebeth sê hy’t niemand aangerand nie

Die Springbok Eben Etzebeth het Sondag ontken dat hy enigiemand fisiek aangerand of op rassegronde aangeval het toe ’n bakleiery glo die vorige aand op Langebaan aan die Weskus uitgebreek het.

Etzebeth (27) het ná medianavrae en klagtes op sosiale media gesê die aantygings teen hom is “heeltemal onwaar en ongegrond” en dat verskeie getuies dit sal kan bevestig.

“Ek streef en sal altyd daarna streef om ’n ware ambassadeur te wees van dié beeldskone reënboognasie en die sport wat ek lief het.”

Etzebeth het na bewering saam met ’n groep mans gekuier toe lede van dié groep met ’n ander groep mans slaags geraak het.

Die polisie het Sondagmiddag bevestig dat ’n saak van aanranding ondersoek word in verband met ’n voorval Saterdag in ’n kroeg op Langebaan.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat twee groepe in ’n rusie betrokke geraak het.

“Daar is mense wat beseer is en na die hospitaal geneem is. Die ondersoekbeampte neem verklarings van die betrokkenes af en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Op sosiale media is daar beweer dat ’n man voor ’n winkel aangerand is en dat nog ’n inwoner glo aangeval is toe hy die geveg probeer stopsit het.

Etzebeth is op sosiale media daarvan beskuldig dat hy niks gedoen het om die bakleiery te stop nie, al het hy na bewering nie self iemand aangerand nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.