Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Evert en Mokoni ‘is SA se toekoms’

Hulle is baie trots op hul seuns.

Só sê Julie du Preez oor die nuus dat haar seun, Evert (12), en sy boesemvriend, Mokoni Chaka (12), benoem is om vir hul dapperheid vereer te word.

Mokoni Chaka (12) en Evert du Preez (12), die boesemvriende van die plaas Nooitgedacht in die distrik Hennenman.Foto: Mlungisi Louw

Die seuns het verskeie babas se lewe gered toe die Shosholoza Meyl op hul plaas naby die Genéva-stasie in die distrik Hennenman ontspoor het.

Renier Schoeman, oudminister in Nelson Mandela se regering van nasionale eenheid, het na wat berig word, gesê hy gaan die regering nader om die Orde van Mendi vir Dapperheid aan die twee seuns toe te ken wat verlede week babas en kleuters uit ’n brandende trein gered het.

“Ek het reeds ’n afspraak met die presidensie hieroor gemaak. Ek het ’n baie sterk vermoede dat die seuns se dade aan die vereistes van die toekenning vir heldhaftige optrede voldoen,” het hy gesê.

Die twee plaasseuns se verhaal van vriendskap oor taal- en kleurgrense heen, het ook geweldige reaksie op sosiale media ontlok.

Itumeleng Motse het op Facebook geskryf dié twee se vriendskap is die visie wat Nelson Mandela vir die reënboognasie gehad het. “Ons moet dié soort energie in die nasie loslaat sodat die politici nie mense se denke kan beheer nie.”

Mokoni Chaka (12) en Evert du Preez (12), die boesemvriende van die plaas Nooitgedacht, Genéva, Hennenman. Foto: Mlungisi Louw

Marlene de Beer het geskryf: “Pragtig en ’n voorbeeld vir baie. God seën hierdie twee pragtige kinders, want hulle is ’n voorbeeld vir almal.”

Emmie van der Berg het geskryf: “Is dit nie wonderlik hoe die kosbaarste stories en heldedade dikwels gebore word uit tragedies soos dié nie?”

Merissa Griesel het geskryf hierdie is haar storie van hoop vir Suid-Afrika in 2018. “Dit is twee pragtige seunskinders wat ek bid vir ewig ’n Dawid en Jonathan sal wees.”

Mashudu Mukhola het geskryf die twee seuns is sterre. “Suid-Afrika het wonderlike mense. Die probleem in die land is die nuusmedia wat deur die Guptas en ander misdadigers beïnvloed word.”

Brenda Ogilvie het geskryf: “Dié seuns is Suid-Afrika se toekoms. Ons moet aan die hede aandag gee om hul groot toekoms ’n werklikheid te maak.”

Meer oor:  Henneman  |  Treinongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.