Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Evita onthou Pik se 'knypie in die donker'

Sy humorsin, die laggie in die oog en die knypie in die donker.

Dít is wat Evita Bezuidenhout, alter ego van die satirikus Pieter-Dirk Uys, van haar “ou vriend” Pik Botha sal onthou. Botha is Vrydagoggend in sy huis in Pretoria dood.

Oudminister Pik Botha in 2004 saam met Evita Bezuidenhout.Foto: Joyrene Kramer

Bezuidenhout sê baie dinge gaan oor dié “Afrikaner” wat die langste termyn as minister van buitelandse sake in die land se geskiedenis gedien het, gesê word.

Botha Botha het in die kabinet van John Vorster, PW Botha, FW de Klerk en Nelson Mandela gedien.

“Polities is daar ’n menigte-en-een opinies oor die goed en sleg van sy nalatenskap as ’n lid van die apartheidskabinet.

“Hy het rooi en wit rose skaamteloos geëet en my bobotie laat koud staan. Hy het lang monoloë oor die ontstaan van die mens en die geheime van die buiteruimte gelewer.

Oudminister Pik Botha gee vir sy mooiste diplomaat, Evita Bezuidenhout, ’n soen. Foto: Joyrene Kramer

“Hy was ’n diplomaat wat vir my as die nuwe Suid-Afrikaanse ambassadeur in die swart tuisland van Bapetikosweti gesê het: ‘Onthou, jy sal altyd moet klaarkom met mense wie jy verpes!’

“Ja-nee, destyds die storie van ons lewens!

“Pik, my skat. Loop nou versigtig oor die hemelse mynveld daar bo. Daar is sommige wat jou wil klap; sommige wat jou wil kus.

“Ek onthou net hoe jy in die ou dae elke aand vir my gefaks het met die woorde: ‘Evita, jy is beslis my mooiste diplomaat in die diplomatieke korps.”

Meer oor:  Evita Bezuidenhout  |  Pik Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.