Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ewie ‘tot op einde haar pa’, sê Bertha

Ewie Cronjé het in 1995 vir haar “Pa Ewie” geword en vir haar tot die einde ’n pa gebly.

Ewie Cronjé saam met Bertha du Plessis se seuntjies, Daniel en Jac.

So vertel Bertha du Plessis (47), wat voorheen met die oud-Protea-krieketkaptein Hansie Cronjé getroud was, oor haar skoonpa wat Maandag dood is.

Du Plessis sê die Cronjé-gesin het ook ná Hansie se dood in 2002 vir haar en haar kinders familie gebly. Ook nadat sy ’n tweede kans op geluk in die lewe gegun is toe sy in 2004 met Jacques du Plessis (ook 47) getroud is.

“Sy liefde vir my, Jacques en ons twee seuntjies, Daniel (12) en Jac (10), is ’n spieëlbeeld van pa Ewie se menswees en sy hart,” sê Du Plessis.

Sy het haar werk as fisioterapeut in George vir eers op ys geplaas om voltyds daar te wees vir haar en Jacques, ’n ouditeur by Mazars, se seuntjies.

Al het sy en die Cronjés mekaar die afgelope paar jaar minder gereeld gesien, sê Du Plessis sy dra ongelooflike herinneringe van “die man met die gryskop en woeste wenkbroue” met haar saam.

Bertha du Plessis saam Ewie en San-Marie Cronjé.

“Ek onthou hom op sy stoel voor die televisie met ’n pak kaaskrulle wat langs hom lê, altyd gereed met ’n grappie of twee. En hy kon so lekker lag,” sê sy.

“En daar was altyd – vroegoggend en laataand – tyd vir koffiedrinksessies op pa Ewie en ma San-Marie se groot bed.”

Aan sy ondersteuning was daar net geen einde nie.

“Hy was net altyd daar, rotsvas langs Hansie met die King-kommissie se sittings in die Kaap en langs my ná Hansie se dood en met die aanvaarding van Jacques.”

As sy hom sou nodig hê, het Du Plessis geweet dat sy altyd op hom sou kon staatmaak. Vir haar is dit juis dít waarna sy die meeste gaan verlang.

“Wat ’n ongelooflike voorreg is dit om ná al die jare steeds deel van sy gesin te kon wees.”

Meer oor:  Bertha Du Plessis  |  Ewie Cronjé  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.