Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fabriek in gerief vir viruspasiënte omskep

Volkswagen Suid-Afrika is in die proses om een van sy fabrieke in Korsten, Port Elizabeth, in ’n gerief te omskep waar mense met Covid-19 gehuisves kan word.

Dié gerief het 4 000 beddens en sal deur ’n span opgeleide dokters en verpleegsters van die Oos-Kaap se departement van gesondheid bestuur word. Dit sal in fases voltooi word en sal mense kan huisves wat aan asemhalingsmasjiene gekoppel moet word.

Oscar Mabuyane, premier, was vol lof vir die motorvervaardigingsreus toe hy Dinsdag die opening van die gerief bygewoon het.

Mabuyane het gesê dit is in tye van vrees en onsekerheid belangriker as ooit om saam te werk.

“Die virus kies nie tussen ras of klas nie. Ons is almal in gevaar en speel ’n rol in die oorlog teen dié onsigbare vyand. Dit versprei vinnig en die gerief met sy 4 000 beddens gaan ons ammunisie gee om daarteen te veg.”

Meer as 20 000 mense in die provinsie is reeds vir die virus getoets, van wie 814 volgens die nuutste syfers positief is.

“Die ergste is nog op pad. Ons verwag meer positiewe gevalle, want ons toets elke dag mense,” sê Mabuyane.

Die motorvervaardiger, een van die grootste werkgewers in Nelson Mandelabaai, het R100 miljoen vir die projek geskenk nadat hy geld van die Duitse regering ontvang het om dit ’n werklikheid te maak.

Mabuyane het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om die stigma rondom die virus die nekslag toe te dien.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap (heel regs), het Dinsdag ontvangs geneem van ’n gerief wat omskep word om 4 000 mense met Covid-19 te huisves. Saam met hom is Thomas Schaefer, voorsitter en uitvoerende direkteur van Volkswagen Suid-Afrika (middel), en Tshonono Buyeye, waarnemende burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Lulama Zenzile
Meer oor:  Volkswagen  |  Port-Elizabeth  |  Koronavirus  |  Fabriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.