Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Facebook-groepe geskep om Bishops-onnie te ondersteun

Daar is reeds drie Facebook-groepe geskep ter ondersteuning van die voormalige onderwyseres by Bishops Diocesan College wat van seksuele wangedrag beskuldig word.

Dié groepe – “Fiona Viotti is the greatest teacher ever”, “We support Fiona Viotti” en “We love Fiona Viotti” – het honderde lede.

Fiona ViottiFoto: Facebook/We love Fiona Viotti

Lede van dié groepe meen Viotti, wat glo onvanpaste seksuele verhoudings met meer as een skoolseun oor ’n tydperk gehad het, is nie die enigste skuldige party nie en haar lewe word onregverdiglik verwoes.

“Hierdie blad is ter ondersteuning van Fiona wat natuurlik ’n moeilike tyd deurmaak! Die man wat haar ontmasker het, is duidelik ’n klein seuntjie! Nie ’n man met ordentlikheid nie,” lui ’n inskrywing op een van die blaaie.

Dit kom ná een 18-jarige seun glo ’n verhouding met haar wou beëindig het en sy hom glo gedreig het. Hy het glo sy ouers vertel, wat dit by die skool aangemeld het.

“Ek kan nie glo dat ’n man van 18 jaar (nie ’n kind nie, hy is 18) sy ouers kry om ’n saak op te los waarvoor hy deels ook die skuld moes dra, en dit dan op so ’n manier kan hanteer om die vrou se lewe te vernietig nie,” lui die inskrywing.

“Ja, sy was verkeerd en het verantwoordelikhede as onderwyseres, maar om haar te vernietig soos die skool, die ouers en die publiek het, is absoluut walglik!

“Ons almal is menslik en maak foute. Die ouers kon vir gesê het: ‘Los asseblief ons seun uit, hy het ’n toekoms voor hom en ons kan dit nie goedkeur nie.’ ”

Intussen ondersoek die skool die beweerde wangedrag en die matrieks by die skool is ook besig om hul eindeksamen af te lê.

“Die ondersoek behoort binnekort afgehandel te wees,” het Guy Pearson, die skoolhoof, Woensdag gesê. Dit word gedoen deur die skool se aangestelde prokureurs en advokate.

Viotti se prokureur, William Booth, het nie gereageer op ’n versoek vir kommentaar oor die Facebook-blaaie ter ondersteuning van Viotti nie.

Hy het vroeër gesê dit is vir hulle byna ’n onbegonne taak om pornografiese foto’s en video’s van Viotti van bekende pornografiese webtuistes af te verwyder.

Van dié video’s is steeds aanlyn. Een van die video’s is al meer as 7 000 keer gekyk, terwyl ’n ander een byna 5 000 keer gekyk is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.