Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Familie ‘baie trots’ op SA man wat Thai-seuns help red
Leandro GerardoFoto: Facebook

Die familie van ’n Suid-Afrikaanse duiker wat gehelp het met die reddingspoging van die groep jong Thaise sokkerspelers vandeesweek is “ontsettend trots op hom”.

Leandro Gerardo (32), wat in Thailand woon, het sy vakansie prysgegee om hom as vrywilliger by die reddingspoging aan te sluit.

Die 12 seuns en hul afrigter is teen Dinsdag uit die grot gered waar hulle altesaam 17 dae vasgekeer was.

Gerardo se broer, Ramiro, sê hy was deel van ’n span wat byna 3 km in die Tham Loeang-grotnetwerk was. Sy span het gehelp om die laaste vyf seuns te red. Volgens Ramiro meen Gerardo nie dat hy ’n held is nie.

Gerardo het sy opleiding as duiker in Durban ontvang en werk nou as duiker vir ’n Thaise maatskappy.

Hy het aan sy broer vertel dat sigbaarheid in die grot swak was en dat hulle “blind met skerp rotse” rondom hulle geduik het. Duikers moes soms deur klein openinge beweeg.

“Daar was min kontak tot Dinsdag toe my broer ’n boodskap gestuur het: ‘Verlaat pas kamer drie (in die grot). Al die seuns is veilig,’ het sy boodskap gelui.”

Gerardo was nie dadelik bereikbaar nie omdat hy volgens inligting op ’n vlug na Bangkok, die Thaise hoofstad, was.

Ramiro sê hy het nooit in sy broer se vermoëns getwyfel nie.

“Ek het al voorheen saam met Leandro geduik en ek kan jou sê hy is bekwaam en ek het my nie oor sy veiligheid bekommer nie.

“My ouers, wat in Argentinië woon, sê hulle is ontsettend trots op sy bereidwilligheid om ander te help.”

Leandro Gerardo Foto: Facebook


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.