Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Familie getraumatiseer ná Mark Regal se skietdood

Die familie van Mark Regal (50) is erg getraumatiseer nadat hy Woensdagaand in ’n aanval op die plaas Thelma in Odendaalsrus voor sy vrou doodgeskiet is.

Sy vrou, Angela (47), het op die huis se stoep gesit toe twee mans om die hoek van die huis op haar afgestorm het. Sy het haar vuurwapen by haar gehad en op die aanvallers losgebrand. Een van hulle is raakgeskiet.

Mark het op daardie oomblik by die deur uitgekom en is deur die ander aanvaller geskiet wat toe gevlug het.

Mark en die gewonde aanvaller is op die toneel dood.

Mark Regal saam met sy gesin. Agter is sy seun, Blake (18), saam met sy vrou, Angela. Sy dogter, Kiara (17), sit voor saam met hom. Foto: Facebook

’n Vrou wat die telefoon by die Regal-huis geantwoord het, sê dit gaan onder die omstandighede goed met Angela.

“Sy is op die oomblik rustig, maar geskok en hartseer.”

Sy broer, Nathan, was Donderdag ontroosbaar en kon nie met die media praat nie. Hy sal Vrydag kommentaar oor die gebeure lewer.

Hoewel Nathan en sy pa, Joe, ’n internasionaal bekende taksidermis en boer, in Jeffreysbaai was toe die aanval gebeur het is hy die een wat op WhatsApp-noodgroepe hulp ontbied het.

“Almal, help asseblief. Plaasaanval by Joe Regal. Ek en Joe sit in Jeffreys. My broer is geskiet. Mark is op die plaas geskiet. Op die Thelma-plaas in Odendaalsrus. Dankie,” lui sy noodkreet.

Kort ná die boodskap het boere van die omgewing, buurtwagte en die polisie hulle na die plaas gehaas.

’n Grootskaalse soektog is na die aanvaller wat gevlug het begin, maar teen Donderdag was hy nog op vrye voet.

Mark se dood is ’n geweldige slag vir die familie nadat hul ma, Petra (71), op 6 Julie dood is.

Mark was soos sy broers, Ben (53) en Nathan (49), ’n groot natuurliefhebber wat graag saam met Joe (74) gejag en visgevang het.

Die familie woon al sedert 1952 op die plaas.

Mark word deur sy vrou en sy twee kinders, Blake (21) en Kiara (17), oorleef.

Meer oor:  Mark Regal  |  Vrystaat  |  Moord  |  Familie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.