Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Familie vlieg inderhaas om Endley te ontmoet
William Endley en sy suster, Charmaine Quinn. Foto: Verskaf

William Endley, die oudsoldaat van Suid-Afrika wat ná begenadiging deur Suid-Soedan uit ’n tronk vrygelaat is, lyk “eintlik goed, in ag genome waardeur hy is”.

So sê sy suster, Charmaine Quinn, Saterdagaand nadat die familie Endley in die vroeë oggendure op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg ontmoet het twee dae nadat hy gehoor het hy gaan vrygelaat word.

Die weersiens was “fantasties”, sê sy en voeg by dat hulle Endley drie jaar laas in lewende lywe gesien het.

In die tyd dat hy in aanhouding was, kon sy geliefdes nie eens telefoniese kontak met hom hê nie, wat nog te sê hom ’n drukkie gee, vertel Quinn.

Sy, haar man, Endley se dogter en kleinseun en ’n klein groepie naby vriende het Vrydagaand laat op ’n vliegtuig in Kaapstad geklim toe hulle hoor Endley land oor twee ure in Suid-Afrika.

“Ons was nie seker wanneer hy in die land sou aankom nie en is net twee ure voordat hy op die O.R. Tambo-lughawe sou land, daarvan ingelig.

“Ons het inderhaas van Kaapstad af opgevlieg, 00:30 Saterdagoggend in Johannesburg geland en toe gehardloop na die internasionale aankomssaal waar hy kort daarna ingestap het,” sê Quinn.

Die res van die dag het die familie “rustige alledaagse dinge” gedoen soos inkopies en saam eet, totdat hulle Sondagoggend weer almal terugvlieg Kaapstad toe, sê sy.

“Dis waar die hele familie, ook ons ma, is. Ons is almal moeg, want niemand het Vrydagaand geslaap nie. Veral William is baie uitgeput. Ons het sy hare laat sny, stil tye saam gehad, maar ook baie gepraat.

“Dit was vir ons almal ’n moeilike tyd,” verwys sy na die afgelope twee jaar en paar maande.

Dan terg sy weer: “Maar William het eintlik effens gewig opgetel sedert die laaste foto wat ons van hom gesien het!”

Lynn Williams het vroeër berig Endley het ’n glimlag op sy gesig gehad toe hy sy familie Saterdagoggend sien en dat die trane van blydskap openlik gevloei het.

William Endley en James Gatdet wat uit Suid-Soedan vrygelaat is. Foto: Argief

Endley het Woensdag gehoor dat pres. Salva Kiir van Suid-Soedan by ’n vredeseremonie aangekondig

het hy gaan vrygelaat word ná twee jaar en twee maande in aanhouding.

Hy is op 18 Augustus 2016 in hegtenis geneem omdat die Suid-Soedanese regering hom daarvan verdink het dat hy ’n raadgewer is van Riek Machar, ’n voormalige adjunkpresident van die land en nou ’n rebelleleier.

Endley het volgens die regering glo met Machar saamgesweer om Kiir se regering omver te werp.

James Gatdet, Machar se woordvoerder, is saam met Endley vrygelaat.

Endley is ook tronkstraf opgelê op klagte dat hy onwettig in Suid-Soedan was, valse inligting publiseer

het, sabotasie gepleeg het en rebellemagte opgelei het.

Endley in die hooggeregshof in Juba, Suid-Soedan. Foto: Reuters

Hy het kort ná sy skuldigbevinding appèl teen sy doodsvonnis ingedien.

Daar was toe geen aanduiding wanneer dit aangehoor sou word nie.

Meer oor:  William Endley  |  Soedan  |  Vrylating
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.