Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Familie wil dringend ruiter (30) van Kaapstad opspoor

“My suster Meghan is vermis. As enigiemand haar gesien het of inligting het oor waar sy moontlik is, sal jy my asseblief kontak?”

Só lui Paul Cremer, broer van Meghan Cremer (30), se pleidooi op Facebook, nadat sy Saterdag spoorloos in Kaapstad verdwyn het.

Meghan, wat in 'n kothuis by die Vaderlandsche Rietvlei-stalle in Philippi woon, is volgens haar broer laas gesien toe sy by die perdeplaas weg is.

Meghan Cremer Foto: Facebook/ Meghan Cremer

Dit was omstreeks 18:00 en sy het haar wit Toyota Auris bestuur.

Volgens Lize Hartley van die perdeplaas hou Meghan ook haar perde by dié stalle aan.

Cremer het by navraag aan Netwerk24 gesê hy het laat Sondagaand in Kaapstad aangekom en het nog niks verder oor sy suster verneem nie.

Die Pink Ladies, ’n organisasie wat na vermiste mense help soek, het Saterdag, nadat ’n saak by die polisie aanhangig gemaak is, ’n kennisgewing oor haar uitgereik.

Die Pink Ladies het ’n plakkaat van Meghan gedeel.Foto: Facebook/ Pink Ladies

Die organisasie se inligting bevestig Meghan is op 3 Augustus om 18:24 laas by haar huis, wat sy met iemand deel, gesien.

“Sy het nie huis toe gekom nie en sy het nie by die werk opgedaag nie,” het die Pink Ladies in ’n verklaring gesê.

Die Pink Ladies sê daar is bewerings dat Meghan se motor by ’n padblokkade deur die owerhede afgetrek is en dat ’n vreemdeling die motor bestuur het. Die Wynberg-polisie het glo bevestig niemand is toe aangekeer nie.

Meghan is 1,67 m lank en weeg 50 kg. Sy het ’n litteken op haar skouer. Sy het ’n groen bostuk en ’n sweetpakbroek aangehad toe sy vermis geraak het.

Volgens Meghan se Facebookblad het sy ’n BSc-graad in mikrobiologie en het sy aan die Oakhill School in Knysna gematrikuleer.

Die polisie het ’n beroep op enigiemand wat inligting het, gedoen om na vore te kom. Kontak kapt. Manuel by 021 690 1500/1504 of die stop-misdaadlyn 08600 101111 of die Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882.

Meer oor:  Philippi  |  Ottery  |  Meghan Cremer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.