Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Federer land in SA, maar reis eers na Namibië

Die tennislegende Roger Federer het in Suid-Afrika aangekom voor sy groot kragmeting teen die tennisster Rafael Nadal, maar Federer is amper net so vinnig weer landuit.

Roger Federer het in Suid-Afrika aangekom, maar hy het na Namibië vertrek. Foto: Instagram/ Roger Federer

Federer het Dinsdag op Instagram aangekondig dat hy veilig in Suid-Afrika geland het, maar dat hy op pad na Namibië is vir liefdadigheidswerk onder die vaandel van die Roger Federer-stigting.

Saam met sy inskrywing het hy ’n foto van homself op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe by Johannesburg geplaas, waar ’n vliegtuig agter hom gesien kan word.

Federer se liefdadigheidswerk fokus op opvoeding vir kinders wat in armoede grootword en nie noodwendig toegang tot onderrig het nie. Die doel is bemagtiging sodat hulle ook die geleentheid kan hê om hul eie toekoms te probeer vorm.

Nadal is nog nie in die land nie, maar hy is ook sterk op pad. Hy het Dinsdagaand voor middernag (Suid-Afrikaanse tyd) ’n foto van hom in Koeweit in die Midde-Ooste op sosiale media geplaas.

Nadal is ook op ’n liefdadigheidsbesoek, die opening van die jongste tak van ’n Rafael Nadal-tennisakademie. Woensdag sal hy en sy landgenoot David Ferrer in ’n vertoonwedstryd by die akademie te sien wees.

Vrydag pak Nadal en Federer mekaar in ’n vertoonwedstryd voor ’n skare van amper 50 000 in die Kaapstad-stadion.

Die hekke sal Vrydag om 16:30 oopmaak, om 19:30 is dit eers Federer en die Amerikaanse miljardêr Bill Gates wat teen Nadal en die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah sal speel, voordat die grotes mekaar om 20:30 die stryd aansê.

Die Ndlovu-jeugkoor en die Kaapstadse Zip Zap-sirkus sal tussendeur vermaak verskaf.

Rafael Nadal (links) en Roger Federer (regs) pak mekaar Vrydagaand in die Kaapstad-stadion. Foto: Getty Images


Meer oor:  Roger Federer  |  Sa  |  Namibië  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.