Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fees vir mense met dwergisme weer gehou
Stephen Lowe van Middelburg in Mpumalanga saam met sy drie kinders, Khloe (5, links), Abigail (6, regs) en hul boetie, Izak (3), op sy pa se skoot.

Verdwergdheid maak nie van mense narre wat uit ’n sirkus kom nie.

Só sê Marinda Calitz wat vanjaar vir die vyfde keer ’n groot saamtrek reël waar mense van oor die land heen wat aan dwergisme ly, kan saamkuier.

“Ons wil met die Dwergiefees die publiek bewus maak dat hulle normale mense is wat gewone lewens lei,” sê Marinda, wie se man, Deon (52), aan dwergisme ly.

Deon en sy tweelingbroer, Chris, wat in 1965 gebore is, is sover bekend Suid-Afrika se eerste tweeling wat met dwergisme gebore is.

Marinda is druk besig om die fees vir 8-10 September by die Weesgerus-vakansieoord buite Modimolle (Nylstroom) in Limpopo te reël.

Deon Calitz (52, regs) saam met sy boesemvriend, Anton Vermaak van Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo.

Daar is sowat 200 verskillende tipes dwergisme, ’n toestand wat in 80% van gevalle deur achondroplasie veroorsaak word, en volgens Marinda is daar sowat 2 000 mense met dwergisme in die land.

Sy en Deon bly in Mokopane (Potgietersrus). Chris, Deon se tweelingbroer, woon in Brits in Noordwes.

“Hulle het normale lewens, hulle kan motor bestuur, trou en kinders kry. Ons wil dit op die fees behoorlik vier,” sê Marinda.

Buiten om bewusmaking te skep, word die jaarlikse fees gehou om mense bymekaar te bring.

“Dié fees is die ideale plek waar lekker gekuier kan word.”

Marinda sê daar word beplan om bekende kunstenaars en ’n verskeidenheid uitstallers op die fees te hê.

Enigiemand wat meer inligting oor die Dwergiefees wil hê, kan ’n e-pos stuur aan dwergiessa@gmail.com.

Deon Calitz (52) en sy vrou, Marinda, van Mokopane (Potgietersrus) beplan weer vanjaar die Dwergiefees.
Izak (3), Khloe (5) en Abigail (6) Lowe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.