Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Feesliggies: 312 liter se drank afgeneem
Die feesliggies in Adderleystraat, Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Daar was ook ’n paar moeilikheidmakers onder die ongeveer 100 000 Kapenaars en besoekers wat Sondag na die middestad gestroom het om te kyk hoe die stad se feesliggies aangeskakel word.

“Mense is in hegtenis geneem vir die besit van gevaarlike wapens, aanranding, kwaadwillige saakbeskadiging en diefstal,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, in ’n verklaring.

“Dit is teleurstellend dat enkele mense ondanks ons beste pogings die geleentheid onaangenaam wou maak vir die duisende wat die geleentheid wou kom geniet.”

Smith sê ondanks hul pleidooie dat alkohol nie gebring moet word nie, het beamptes steeds 312 liter drank gekonfiskeer.

“Alkohol word vir ’n baie goeie rede nie toegelaat nie,” sê Smith.

Die Adderley-feesliggies sal tot einde Januarie aan bly .

“Dit is die feestyd en almal moet in die plesier kan deel sonder om vir hul lewe te vrees,” sê Smith.

Dan Plato, burgemeester, het die liggies net voor 21:00 aangeskakel.

Die Ndlovu-jeugkoor, wat bekendheid verwerf het met hul verskyning op ‘America’s Got Talent’, het ook opgetree. Foto: Jaco Marais
Mense drom saam in die middestad om die liggies te sien.Foto: Jaco Marais

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.