Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fietsryer dood in tref-en-trap

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n 61-jarige man Donderdag in ’n tref-en-trap-ongeluk in Pearly Beach in die Wes-Kaap dood is.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het die man op Esplenadeweg fietsgery toe hy deur ’n wit bakkie getref is. Die bestuurder het van die toneel af weggejaag.

“Die man is in die hospitaal opgeneem waar hy later aan sy beserings beswyk het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Inwoners van die dorp sê dat Bernard Labuschagne (61) na die Mediclinic Hermanus gehaas is, maar dat hy daar dood is.

Nuus dat Labuschagne in die ongeluk dood is, het soos ’n veldbrand deur die kusdorpie en die naburige Gansbaai versprei en die gemoedere het hoog geloop.

Bernard Labuschagne (61) van Pearly Beach. Foto: Facebook

Woedende inwoners het onmiddellik die skuld vir Labuschagne se dood op perlemoensmokkelaars gepak wat glo “soos duiwels jaag” en wat ’n “skrikbewind” op Pearly Beach voer.

Maar volgens Donovan Heilbron, polisiebevelvoerder in die Overstrand-gebied, het ’n ooggetuie net ’n wit bakkie opgemerk en kon die getuie, wat sowat 50 m weg was, nie die bestuurder of die registrasienommer sien nie.

Heilbron het gewaarsku dat mense nie sommer net moet aanneem dat die bestuurder van die bakkie ’n perlemoenstroper is nie.

“Daar is nog geen bewyse wat aandui dat die verdagte deel van die perlemoensmokkelary in die gebied is nie.”

’n Optog is Donderdagmiddag in die kusdorpie gehou waartydens inwoners hul misnoeë uitgespreek het.

“Genoeg is genoeg. Wat op hierdie dorp aangaan, kan nie verder toegelaat word nie,” het een inwoner gesê.

’n Memorandum met hul eise is tydens die optog aan Dudley Coetzee, burgemeester van die Overstrand-munisipaliteit wat self in Pearly Beach bly, oorhandig.

Inwoners eis onder meer strenger polisiëring in die gebied waar perlemoenstropery glo handuit ruk.

Meer oor:  Fietsryer  |  Tref-En-Trap-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.