Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fietsryer spring in see om drenkeling te probeer red
Ali Gaffoor in die ontstuimige water by Drieankerbaai in Kaapstad met die noodharnas wat hy en ’n omstander, Peter Ascham, Sondagoggend gebruik het om ’n onbekende man te probeer red. Foto: NSRI-Tafelbaai

’n Man wat met sy hond gaan stap het en ’n verbygaande fietsryer het Sondagoggend die lewe van ’n drenkeling by Drieankerbaai probeer red.

Peter Ascham het omstreeks 05:45 met sy hond op die promenade gaan stap toe hy ’n man in die water onder die promenademuur in Drieankerbaai sien. Volgens die Nasionale Seereddings­instituut (NSRI) in Tafelbaai is dit onbekend hoe die man, wat nog nie geïdentifiseer is nie, in die water beland het.

Ascham het nie ’n selfoon by hom gehad nie en die hulp van ’n verbygaande fietsryer, Ali Gaffoor, ingeroep. Hulle het ’n noodharnas geprakseer en Gaffoor is in die water in om die man te probeer help. Maar die drenkeling is 100 m ver die see in.

’n Reddingswemmer van die NSRI, Graham Watson, het die man uit die see gehaal en met behulp van nog ’n reddingswemmer, Mark de Vos, en Gaffoor kon hulle hom bo-oor die promenademuur uitlig. Noodbehandeling is toegepas, maar hy kon nie bygebring word nie, het die NSRI gesê.

Die NSRI het Ascham en Gaffoor vir hul optrede geprys. ’n Geregtelike doodsondersoek sal deur die polisie gedoen word om die omstandighede te bepaal.

Meer oor:  Prys  |  2  |  Red  |  Nsri
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.