Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Filmmaker Tommie Meyer sterf
Gé Korsten het die hoofrol vertolk in Hoor my lied saam met Helga van Wyk. Foto: Argief

Die bekende Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger Tommie Meyer is Dinsdag in die Parksorg Huis vir Bejaardes in Parktown, Johannesburg in die ouderdom van 89 oorlede.

Meyer het dikwels saam met Jamie Uys gewerk maar ook sy eie rolprente onder die naam Tommie Meyer Films vervaardig.

Sy debuut as rolprentvervaardiger was in 1969 met die Afrikaanse rolprent Die geheim van Nantes.

Sy grootste en bekendste rolprent was Hoor my lied in 1967 met onder andere die akteurs en sangers Gé Korsten en Min Shaw.

Dié verhaal oor dr. David Retief (Korsten), ’n singende chirurg wat blind word en Marietjie (Lindie Roux) sy dogtertjie wat verlam is ná ’n motorongeluk het kykers behoorlik aangegryp.

Die rolprent het alle destydse rekords by die plaaslike loket oortref en is in Engels vertaal na Hear My Song (EMBED Youtube) om internasionaal versprei te word.

Leon van Nierop, ­skrywer en rolprentresensent, sê Meyer was ’n groot gees en het diep spore in die rolprentbedryf getrap.

“Sy nalatenskap is geweldig en omvangryk. Hy het ’n oog gehad vir vermaak en vir wat vir vermaak werk.”

Van Nierop sê Meyer het geweet hoe om kommersieel te dink en gehaltefilms te vervaardig.

“Hy het Afrikaners in die 1960s en 1970s weer trots laat voel om fliek toe te gaan. Honderde voertuie het by inryteaters in lang rye gestaan om sy rolprente te sien.”

Meyer se ander welbekende rolprente is: Lied in my hart (1969), Pikkie (1972), Babbelkous en Bruidegom (1974), Somer (1975), Springbok (1975), ’n Seder val in Waterkloof (1978) en Die Springbok (1979).

Meyer het in 1994 uit die rolprentbedryf getree en was sedert daardie tyd in ’n aftreeoord in Parktown, Johannesburg. Hy laat ses kinders, 13 kleinkinders en nege agterkleinkinders agter.

Kyk hier na Gé Korsten in die Tommie Meyer-rolprent, Hoor my lied:

Kyk hier: Wilna Snyman, Don Leonard en Bill Flynn in hoogtepunte uit ’n Seder val in Waterkloof:

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.