Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Finland glimlag breed, SA nie so gelukkig

Suid-Afrikaners is nie ’n besonder gelukkige spulletjie nie. Selfs in kommunistiese lande en van dié waar mense onderdruk word en deur terrorisme of burgerlike onrus geteister word, sal jy gelukkiger mense aantref.

Dit blyk uit die nuutste World Happiness-verslag wat Woensdag uitgereik is. Boonop het Suid-Afrika, vergeleke met verlede jaar, vier plekke teruggesak tot nommer 105 op die ranglys van 156 lande.

Die ranglys word deur die Verenigde Nasies (VN) se Sustainable Development Solutions Network saamgestel uit data van Gallup van 2015 tot 2017 waarin ses sleutelveranderlikes van algemene welstand gemeet word: inkomste, vryheid om keuses te maak, vertroue (in die regering en die sakegemeenskap), ’n gesonde lewensverwagting, maatskaplike ondersteuning (ondersteuning van ander) en vrygewigheid (gemeet in skenkings).

Die verslag is enkele dae voor World Happiness Day op 20 Maart uitgereik, en Finland gaan dit veral met oorgawe kan vier as die land met die gelukkigste inwoners ter wêreld. Finland se immigrante is ook die gelukkigste – ’n aspek wat vir die eerste keer deur die VN by die verslag ingesluit is.

Noorweë, verlede jaar se wenner, is vanjaar in die tweede plek, gevolg deur Denemarke, Ysland en Switserland.

Prof. John Helliwell, ’n mederedakteur van die verslag en emeritusprofessor in ekonomie aan die Universiteit van Brits-Columbië, het aan CNN gesê die vyf toplande het op al ses die sleutelveranderlikes hoë tellings gekry. Denemarke, Switserland, Noorweë en nou ook Finland het sedert die eerste verslag uitgereik is al die topposisie beklee. Helliwell sê omdat die verskille onder die topvyf klein is, wissel hulle mekaar af.

Amerika het met vier plekke tot nommer 18 op die ranglys gedaal.

Nederland het vanjaar sesde geëindig gevolg deur Kanada, Nieu-Seeland, Swede en Australië.

Togo in Wes-Afrika het 17 plekke op die ranglys geklim, terwyl Venezuela, wat deur burgerlike onrus geteister word, van die 82ste posisie tot nommer 102 teruggesak het.

Amerika het met vier plekke tot nommer 18 op die ranglys gedaal. Volgens Jeffrey D. Sachs, direkteur van die Universiteit van Columbië se sentrum vir volhoubare ontwikkeling en ’n mederedakteur van die verslag, is dit deels weens vetsug, dwelmmisbruik en onbehandelde depressie.

Die lande met die ongelukkigste mense (van nommer 156 tot nommer 147) is: Burundi, die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR), Suid-Soedan, Tanzanië, Jemen, Rwanda, Sirië, Liberië, Haïti en Malawi.

* Dit is vanjaar die sesde keer dat die World Happiness-verslag uitgereik word.

Meer oor:  Finland  |  Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.