Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Flaminkkuikens Dawid en Goliat verras laerskool
Die private ondersoeker Mike Bolhuis (agter) saam met ’n groep leerlinge aan die Laerskool Die Poort by David en Goliat. Foto: Verskaf

Leerlinge aan die Laerskool Die Poort in Pretoria kon Vrydag nie hul oë glo toe Dawid en Goliat, twee grootflaminkkuikens, op die laaste dag van die eerste skoolkwartaal by hulle kom kuier het nie.

Dawid en Goliat, wat so genoem word vanweë hul grootte, is in Januarie uit die nes geskop op die private ondersoeker Mike Bolhuis se hoewe buite Pretoria.

Goliat is die eerste grootflaminkkuiken wat uit die nes geskop is. Dawid is heelwat kleiner.

Hulle is twee van 14 kleintjies wat deur hul ouers verwerp is nadat hulle uitgebroei het. Daar is 120 grootflaminke op die hoewe.

Die twee met die hand grootgemaak, afsonderlik van die kleinfaminkkuikens wat in Februarie gered is nadat die Kamfersdam buite Kimberley opgedroog het.

Dawid wys vir Goliat wie’s baas.Foto: Verskaf

Dis nog nie duidelik wat hul geslag is nie.

Bolhuis se hoewe is die hoofsentrum in Gauteng waar die kleinflaminkkuikens versorg word. Die ander kuikens word elders in die land versorg.

Die was vir die leerlinge aan die Laerskool Die Poort in Kameeldrift Vrydag ’n groot verassing toe Bolhuis en sy span van agter die skoolsaal met Dawid en Goliat op die verhoog te voorskyn kom.

Geen direkte interaksie met die voëls is toegelaat nie, sê Bolhuis.

Die leerlinge het gesien hoe die flaminke gevoer word en Bolhuis het ’n lesing gegee oor die voëls se geskiedenis.

“Ek het hulle meer vertel oor natuurbewaring en gesê kinders moet alle diere help bewaar. Hulle kan nie paddatjies en kriekies doodmaak nie,” sê Bolhuis, wat in die vroeë 1960’s in gr. 2 by dié skool begin het.

Leerlinge aan die Laerskool Die Poort in Kameeldrift, Pretoria, by twee grootflaminkkuikens wat in Januarie deur hul ouers verwerp is.Foto: Verskaf

Die skool vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar.

Bolhuis sê hy het al “soveel verskriklike dinge beleef wat kinders met diere doen” dat hy iets daaraan wou doen.

Die leerlinge was vreeslik opgewonde en het dit geniet.

Bolhuis se laatlammetjie, Michael-John, is in gr. 3 in die skool.

“Dit was vir hom en sy maatjies ook ’n belewenis,” sê Bolhuis.

Bolhuis beklemtoon dat hy die korrekte prosedure gevolg en permitte bekom het om die flaminke ten toon te stel en ’n praatjie te lewer.

Mike Bolhuis se laatlammetjie, Michael-John, en sy maatjie Louis Nortjé by Goliat. Foto: Verskaf

Meer oor:  Mike Bolhuis  |  Kamfersdam  |  Flaminkkuikens  |  Flaminke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.