Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fliek gaan leerlinge leer hoe jou geld vir jóú kan werk

Die meeste mense werk vir geld. Mense wat finansieel geletterd is, se geld werk vir hulle. Leerlinge van gr. 9 tot gr. 12 kan nou die kans aangryp om te leer hoe om met geld te werk sodat hulle finansieel geletterd kan raak.

Die rolprent Smartbucks 2018, wat wys hoe dit gedoen word, gaan elke Saterdag van 5 Mei tot 2 Junie by uitgesoekte teaters landwyd vertoon word. Dit is ’n inisiatief van die nieregeringsorganisasie Primestars, in samewerking met verskeie borge.

Die geleentheid is veral bedoel vir leerlinge (van enige etniese groep) wat nie baie hulpbronne tot hul beskikking het nie.

Primestars reël nie net fliekkaartjies, springmielies en koeldrank nie, maar sorg ook dat leerlinge van hul skool na die teater en terug vervoer word.

Ander opvoedkundige rolprente wat ook in dié tyd vertoon word, is: “My Future, My Career”, waarin 115 beroepe oor 16 sektore heen verken word; “Step Up 2 Start Up”, ’n program wat leerlinge inspireer om entrepreneurs te wees; en “eduCate”, ’n rolprent vir matriekleerlinge waarin hul wiskunde- en wetenskapkurrikulum vir die jaar hersien word.

* Kontak Primestars by 010 300 5100 of stuur ’n e-pos na projects@primestars.co.za. Vir meer inligting, besoek die webwerf www.primestars.co.za.

  • Die rolprentteaters is die Kolonnade in Pretoria en Eastgate, Sandton City, Mall of Africa, Southgate en Cradlestone Mall in Johannesburg.
Meer oor:  Fliek  |  Onderwys  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.