Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fliek vir jong man wat ná 10 jaar weer kan sien
Philani Twala kan ná tien jaar weer sien. Foto: Skermgreep

The Lion King, Avatar, Tree of Life of The Matrix?

Watter fliek sou jy kyk as jy ná tien jaar weer kon sien?

’n Jong man van Katlehong aan die Oos-Rand vra dié vraag nadat ’n dubbele kornea-oorplanting sy sig herstel het.

Philani Twala het op skool sy sig verloor en vertel in ’n video wat in sosiale media versprei is hoe bang hy was dat hy nooit weer sou kon sien nie.

Twala, wat gaande is oor flieks, se operasie is moontlik gemaak deur skenkings van ander fliekliefhebbers as deel van Ster-Kinekor se gemeenskapsprojek, Vision Mission. Luidens hul webwerf kan fliekgangers R2,50 aan dié projek skenk wanneer hulle fliekkaartjies koop. Dié geld word dan gebruik om te betaal vir brille en oogtoetse vir behoeftige kinders.

Ster-Kinekor het die video gemaak om Twala se storie te dokumenteer.

“Op ’n dag het ek wakker geword en ek kon glad nie sien nie,” vertel hy in die video.

Die oogsiekte keratokonus is by hom gediagnoseer en sê dit het gevoel asof sy lewe tot ’n einde gekom het.

“Ek wou skool verlaat en net in die huis bly totdat ek doodgaan.”

Keratokonus ontwikkel wanneer die kornea verdun. Dit lei dan tot die keëlvormige uitstulping van die kornea wat sig laat verswak.

Vision Mission het al voorheen bygedra om kornea-oorplantings moontlik te maak en Twala se operasie was hul derde projek. Hulle het dit Project #OpenEyes gedoop en Ster-Kinekor het Dinsdag voelers op Twitter en Facebook uitgesteek om te hoor wat fliekfoendies dink die eerste fliek moet wees wat Twala met sy nuwe oë moet kyk.

Die voorstelle het ingestroom, maar die keuse gaan steeds moeilik wees. Twala vertel verder in die video dat hy nog nooit in ’n rolprentteater was nie.

“Ek weet nie wat om te verwag nie. Ek voel ek is miskien in Hollywood met hierdie nuwe oë,” sê hy laggend en vee dan die trane af.

’n Gewilde voorstel was Avatar weens sy visuele effekte. Ook die nuwe Star Wars-fliek, Interstellar en Captain America: Civil War is voorgestel weens die visuele fees wat dit bied.


Meer oor:  Fliek  |  Blind  |  Star Wars  |  Avatar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.