Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Flip Buys: ‘Afrikaner se bestaans-krisis is hier’
Flip Buys, voorsitter van Solidariteit, Woensdag in Muldersdrift. Foto: Reint Dykema

Die volgende bestaanskrisis vir die Afrikaner is hier. Boonop is dit ’n dubbele bestaanskrisis, het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, Woensdag gesê.

Buys het by Solidariteit se kongres in Muldersdrift in Gauteng waar die groep sy #OnsBou-veldtog bekend gestel het, verduidelik dat die Afrikaners oor die eeue heen baie bestaanskrisisse oorleef het.

Een van dié voorbeelde is toe die Kaap in 1806 vir die tweede keer deur Brittanje beset is, waarop die antwoord die Groot Trek was. ’n Ander krisis was vir hom die Anglo-Boereoorlog met die Engelse se “verskroeide aarde”-beleid. Hulle het dit toe volgens Buys deur ’n “netwerk van helpmekaar-organisasies” as’t ware ’n staat binne ’n staat gestig”.

“Nou staan ons weer voor die dubbele bestaanskrisis van staatsverval aan die een kant en tweedeklasburgerskap aan die ander kant.”

As voorbeeld het Buys die ANC se onvermoë om te regeer genoem en uitsprake van Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, verlede jaar dat wit mense oor al die eienskappe beskik om die sondebok te wees vir Suid-Afrika se probleme.

Plan A is dus om die regering verantwoordbaar te hou, maar daar gaan ook self “gebou” word aan die toekoms.

“Ons toekoms is te belangrik om dit net aan die ANC oor te laat.”

Buys het benadruk dat hulle werk vir die volgende geslag en nie “vir die volgende verkiesing” soos politieke partye nie.

Volgens Buys is dit ook beter om die wettige planne, “wat niemand benadeel en almal bevoordeel”, bloot uit te voer en later vir erkenning eerder as toestemming te vra.

Dirk Hermann, Bestuurshoof van Solidariteit, Woensdag tydens Solidariteit se kongres in Muldersdrift. Foto: Reint Dykema

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die rede vir die #OnsBou-veldtog is dat Solidariteit nie wil hê die toekoms moet in die hande van die staat gelos word nie.

“Die rede vir die veldtog is om mense beheer te gee oor hul toekoms. Ons kan so maklik voel dat die toekoms uit ons hande is. Ons voel baie keer dat die toekoms in die hand van die staat lê. So, as ons sit in ’n situasie waar die staat verswak, dan verswak ons toekomsverwagting,” het Hermann gesê.

Hy het gesê indien mense oor die toekoms twyfel, is daar een boodskap vir hulle: “Bou.”

Die veldtog is daarop gemik om veral die Afrikaanse gemeenskap se “gemoed in ’n positiewe rigting te stuur” en behels dat hulle mense gaan aanmoedig om hul eie toekoms te bou deur onder meer die boodskap deur koerant- en radioadvertensies, TV-gesprekke en via sosiale media gaan versprei.

Hulle vra mense om prakties betrokke te raak in hul gemeenskappe en ook om hul gemeenskapsinstellings te versterk in die veldtog, wat vier maande lank gaan duur.

Meer oor:  Dirk Hermann  |  Gauteng  |  Solidariteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.