Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fonds vir slagoffers van vloede gestig

’n Noodfonds is gestig om verligting te bring vir inwoners van Pretoria en omgewing wat deur die vloede geraak is.

Die Tshwane-fonds is deur die beweging #Notinmyname gestig.

Reddingswerkers het Maandag meer as 185 inwoners in Mamelodi gered en na ’n veilige plek geneem waar hulle tydelik gehuisves word.

Themba Masango, sekretaris van die beweging, sê die fonds is Maandag gestig. “Ons doen ’n beroep op almal om die beweging te ondersteun. Sover het mense al uitgereik en gesê hulle wil help,” sê Masango.

Mense kan klere, kos, komberse en ander benodigdhede wat onmiddellik verligting kan bring skenk. Twee van die aflaaipunte is by die Nellmapius-biblioteek by Lesedistraat 4146 of die Centurion-brandweerstasie by Basdenlaan 254 in Lyttleton.

“Geen ongevalle is tot dusver aangemeld nie. Die oorstromings het egter ’n hele klomp huise vernietig,” sê Masango.

Mense wat hul huise verloor het, word gehuisves by die Mamelodi-stadsaal (072 226 3078), die Stanza Bopape-stadsaal (082 580 6707) en die Ikageng-stadsaal (072 146 4125).

Meer oor:  Tshwane-Metro  |  Slagoffers  |  Vloede  |  Fonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.