Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fopnuus dat dr. Danny Titus sterf

Gerugte op sosiale media dat dr. Danny Titus (63), voormalige direkteur van kultuur van die ATKV, Sondag dood is, is onwaar.

Dr. Danny Titus Foto: Argief

Titus se dogter, Dalene, het Sondagmiddag aan Netwerk24 bevestig dat haar pa steeds in die hospitaal is.

“Gerugte op sosiale media oor sy dood, is onakkuraat,” het sy gesê.

Michael le Cordeur, vriend van Titus, het by navraag gesê dit is “hartseer en onverskillig” dat mense sulke soort gerugte oor Titus op sosiale media versprei.

“Dit is fopnuus,” het hy gesê.

Titus is reeds langer as ’n maand in ’n koma weens komplikasies ná ’n oogoperasie.

Hy is op 28 Julie geopereer om ’n katarak en bloeding te verwyder.

Sy hart het ná die operasie gaan staan in die herstelkamer.

Titus het einde Mei ná 12 jaar by die ATKV afgetree.

Hy is tans die voorsitter van die DAK Netwerk, ’n organisasie wat hom beywer vir die ontwikkeling van en navorsing oor voorheen benadeelde Afrikaanse gemeenskappe.

Meer oor:  Danny Titus  |  Afsterwe  |  Atkv  |  Fopnuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.