Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ford bekyk oorsaak ná nóg 'n Kuga brand

Nog ’n Ford Kuga het Vrydag aan die brand geslaan, het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), aan Rapport bevestig.

Die Kuga wat Vrydag vlamgevat het. Foto: Facebook.

’n Foto van ’n brandende Ford Kuga het Vrydag die ronde gedoen op sosiale media.

“Die motor het net begin brand. Die bestuurder kon gelukkig in die noodbaan aftrek en uit die motor kom,” het Minnaar gesê.

Die bestuurder is nie beseer nie.

Die voorval het omstreeks 12:00 gebeur op die N12 naby Eldoradopark, sê Minnaar.

Dit is nie in hierdie stadium duidelik watter jaarmodel die Kuga was nie.

Tientalle Ford Kugas het tussen November 2015 en Desember 2017 in Suid-Afrika aan die brand geslaan.

Minesh Bhagaloo, Ford se woordvoerder, sê hulle is bewus van Vrydag se voorval en ondersoek die oorsaak van die brand dringend. “Die veiligheid van ons klante is ’n prioriteit en ons skakel met die klant om die ongerief wat veroorsaak is te minimaliseer.”

Bhagaloo sê Ford het nie tans besonderhede oor die oorsaak van die voorval nie en kan nie nou daaroor kommentaar lewer nie.

Renisha Jimmy, wie se broer Reshall Jimmy in Desember 2015 doodgebrand het in sy Ford Kuga, het aan Rapport gesê dis skokkend dat dit weer gebeur het.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, staan die Jimmy-gesin tans by met ’n geregtelike doodsondersoek na Reshall se dood.

Die saak sal op 13 Mei hervat word.

Kapt. Kay Makhubele, ’n provinsiale woordvoerder van die Gautengse polisie, het gesê hy weet nie van ’n saak wat aanhangig gemaak is in verband met die voorval nie, maar sal dit opvolg.

Teen druktyd het Rapport nog niks van hom gehoor nie.

Meer oor:  Reshall Jimmy  |  Ford Kuga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.