Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ford Kuga: 2 jaar van versigtig kyk

Jeff Nemeth, uitvoerende hoof van Ford in Suid-Afrika, verduidelik aan Hanlie Retief dat Kuga-eienaars niks het om te vrees nie.

Dit het ’n ultimatum van die Nasionale Verbruikerskommissie geverg om julle sover te kry om die motors te herroep.Óns het gevra vir ’n vergadering met die kommissie, en vir hulle gesê ons wil die karre herroep.


Woensdag het ’n Ford Figo in Nelspruit, Mpumalanga, gebrand. So dis nie net meer Kugas wat uitbrand nie?
Korrek. Ons het mense na die toneel gestuur om die kar te probeer vind. Die kar was weg, en ons probeer nou die kliënt vind wie se kar dit was.


Dis nie net die Kuga 1.6 wat julle nou herroep nie? Ook ’n Kuga 2.5 en die nuwe Kuga 1.5 EcoBoost het gebrand. Sean Thompson het drie maande voordat ­Reshall Jimmy doodgebrand het, reeds sy uitgebrande motor gerapporteer. Ja, ons moet nou dié twee ondersoek, ek sal meer daaroor kan sê sodra ons weet wat gebeur het.


So julle het dit nog nie begin ondersoek nie? Ons volg dit nou op, maar al wat ek het, is Sean Thompson se . . . ek werk daaraan . . . oukei?


Ford het gesuggereer dat Jimmy selfmoord gepleeg het. Vermoed julle dit steeds? Nee, ons het dit nooit gesê nie, absoluut nie. Ons het geen idee wat gebeur het in daardie kar nie.

So die verkoelingstelsel het nie die brand in die Jimmy-motor veroorsaak nie?Nee, ons weet absoluut dis nie die verkoelingstelsel nie, want die enjin is onbeskadig.

Julle weet dus nie wat Jimmy se Kuga laat brand het nie, maar herstel die verkoelingstelsel van die ander Kugas. Sê nou daar’s ’n ander brandoorsaak?
Ek dink ons moet voortgaan om elke brandvoorval te ondersoek om vas te stel wat aangaan. Ons weet presies wat gebeur het in 39 voorvalle: Die enjin het oorverhit weens ’n gebrekkige vloei van verkoelingsmiddel. As die verkoelingstelsel reg is, is die karre veilig om mee te ry.


In die VSA is die Kuga herroep ná slegs 11 brande. Hier moes meer as 40 karre uitbrand. Hoekom? 
Die voertuie tree verskillend in verskillende markte op. Die Amerikaanse Kugas word daar vervaardig en daar gery.


Maar hoekom eers die Kuga hier herroep nadat meer as 40 reeds gebrand het?
Ons het probeer vasstel wat die probleem is, en die regte prosedure gevolg om te verseker die karre is nou veilig.


Julle weet reeds twee jaar hiervan, maar het eers begin reageer nadat dit in die media bekend geraak het.
Ons moet ondersoek instel, inligting versamel, dit na ons ingenieurs toe stuur, die karre ondersoek, onderdele verskeep.


Maar mnr. Nemeth, julle het die beste meganiese ingenieurs tot jul beskikking. Hoekom duur dit twee jaar om uit te vind wat fout is? Dit lyk asof Ford eenvoudig nie omgee nie?
Om te sê ek gee nie om nie . . . jy kan jou nie indink hoeveel ek omgee nie. Ek wens die situasie het nooit ontstaan nie.

Uiteraard moet ons nou seker maak dat ons deur ’n streng produksie-ingenieursproses gaan, en ons wil seker maak wat ons ook al doen aan hierdie karre, is die regte ding. Die laaste ding wat ons nou wil doen, is om die karre te herstel – en dan werk dit nie.


Wat sê jy vir ’n Kuga-eienaar wat sê: Ek wil nie meer met my gesin in dié kar ry nie, gee vir my ’n ander kar?
Ek verstaan mense se vertroue in die Kuga is beïnvloed deur als wat nou aangaan. Ons en die handelaars sal nou met die kliënte moet saamwerk en ’n oplossing kry.

Die eerste ding wat ons sal doen, is hulle verseker dat hul kar, ná die ondersoek, totaal veilig is om te bestuur.

As hulle steeds nie tevrede is nie, sal ons ’n oplossing probeer vind, van geval tot geval, wat aanvaarbaar is vir hulle en hulle tevrede sal hou. En ek hoop ons kan hulle lojaal aan Ford hou.

Meer oor:  Jeff Nemeth  |  Hanlie Retief  |  Ford Kuga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.