Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Forum bly oor boer wat van voor lei

Toe Ncumisa Mkabile (27) weens die Covid-19-pandemie haar nuwe spysenieronderneming moes sluit, het sy nie moed opgegee nie.

Ncumisa Mkabile (27) verbou spinasie en boer ook met hoenders, maar die onwettige grondbesettings, ’n hanetree van hier, dreig om haar landboudrome te kelder. Foto: Edrea du Toit

Sy het ’n stukkie grond in Mfuleni, naby Khayelitsha, gehuur en ’n klein spinasie-en-hoenderboerdery op die been gekry.

“Ek het hoenders aangekoop en van deur tot deur verkoop. Toe ek sien die aanvraag is redelik hoog, het ek met hoenders begin boer.”

Alles wat sy van boerdery weet, het sy op die internet geleer.

Sy wou eers soetrissies plant, maar toe sy besef sy kan dit eers in September plant, het sy in Mei spinasie gesaai.

Nou gee sy werk vir sewe mense. Vyf van hulle slag en verwerk die hoenders. Hulle gebruik die hoendermis vir bemesting en hulle besproei die landerye met gieters.

Die plantjies staan mooi, elke ry gemerk met die datum waarop die saad geplant is, en Mkabile se droom om ’n kommersiële boer te word, groei saam.

Maar daar is ’n nuwe bedreiging op die horison: die blinkerige plakkershutte wat knap langs die toegangspad na die bewerkte landerytjie staangemaak is.

Die kleinboere hier leef in vrees vir die plakkers, sê sy. Terwyl sy gesels, dwaal haar oë kort-kort terug na waar twee mans ywerig besig is om met hamer en spykers sinkplate aan houtpale vas te timmer.

Snags bly van haar werkers hier agter om hul produkte op te pas.

Thobela Gubudela, sekretaris van die Khayelitsha-sakeforum, wat Mkabile bystaan om haar onderneming te registreer, sê die Khayelitsha-ontwikkelingsforum gaan dié week vergader om die grondbesettings te bespreek. Entrepreneurs hier het baie uitdagings, soos om finansiering te kry. Grondbesettings maak die las net groter. Mense soos Mkabile lei van voor. “Waarvan ons hou, is haar passie, veral in dié tyd waarin daar so baie negatiewe nuus is oor Khayelitsha,” sê Gubudela.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.