Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Foto van gestroopte olifant wen
Justin Sullivan se foto van die olifant wat in die noorde van Botswana vir sy ivoor gestroop is.Foto: Justin Sullivan

Die Kaapse fotograaf Justin Sullivan is verlede week aangewys as die wenner met die meeste aanlyn stemme in die kategorie vir enkelfoto’s in die Andrei Stenin- internasionale persfotokompetisie.

Internetgebruikers kan stem vir die wenfoto’s in die kompetisie.

Die foto is uit die lug geneem en toon ’n olifant wat in die noorde van Botswana vir sy ivoor gestroop is. Die stropers het ’n kettingsaag gebruik om die tande af te saag.

Meer as ’n kwart van die aanlyn stemme was vir Sullivan se foto.

Die 28-jarige Sullivan, wat ’n hommeltuig gebruik het om die verwoesting van stropery vas te vang, het op sy Facebook-blad gesê dat hy gemengde gevoelens oor sy wenfoto het.

“Dit is opwindend om te sien dat so ’n belangrike kwessie soos die stropery van olifante wêreldwyd nuus maak en dit nuwe belangstelling in die gesprek oor stropery kan aanwakker. Dit is ook hartverskeurend omdat dit ’n herinnering is aan die ekologiese verlies wat ons tans in die gesig staar.”

Sullivan noem sy foto “Disconnection” omdat die unieke hoek vanuit die lug iets weergee van die desperate situasie, wat nie noodwendig altyd van ’n normale perspektief gesien kan word nie, waarin olifante hulle bevind.

’n Plegtigheid sal op 10 September in Moskou plaasvind om die algehele wenners van die kompetisie aan te kondig. ’n Wêreldwye foto-uitstalling open op dieselfde dag.

Meer oor:  Fotograaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.