Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fotograaf bekroon vir kreatiwiteit en variasie

Die fotograaf Lulama Zenzile is Donderdagaand by die toekenning van Vodacom se joernalistiek-pryse aangewys as Fotograaf van die Jaar vir sy uitstekende reeks foto’s oor die verhoor van past. Timothy Omotoso.

Lulama Zenzile, ’n fotograaf van Netwerk24 en Die Burger, is Donderdagaand as Fotograaf van die Jaar bekroon. Hier oorhandig een van die beoordelaars, Obed Zilwa, sy prys aan hom.

Zenzile, ’n fotograaf by Netwerk24 en Die Burger, het dié titel losgeslaan met sy reeks foto’s getiteld Man van God nie Tronk toe.

Zenzile is veral geprys vir die manier waarop hy Omotoso se uiteenlopende emosies kon vasvang en te midde van ’n mediasirkus steeds unieke foto’s kon neem wat die storie vertel het.

Zenzile het oor dié prys gesê “dit voel wonderlik” en bygevoeg dat die geheim is om altyd die mense wat jy afneem met respek te behandel.

Tammy Petersen van News24 is aangewys as Joernalis van die Jaar en het weggestap met R100 000 vir haar inskrywing, When you live in Hanover Park, you know death, wat handel oor bendegeweld.

Petersen is geprys vir die manier waarop sy inwoners van die Kaapse Vlakte se deursettingsvermoë te midde van geweld kon vasvang. Vir dié artikel het sy ook die eerste prys in die leefstyl-afdeling gekry.

Lulama Zenzile sê ’n mens moet nooit ophou om hard te werk nie. Hy is Donderdagaand as Fotograaf van die Jaar aangewys.

News24 se Kyle Conan is die Ondersoekende Joernalis van die Jaar, terwyl Liesl Pretorius van Fin24 die prys vir data-joernalistiek gewen het.

Die ander wenners van die aand was Olwethu Matsipane, Krivani Pillay, en Deidre Uren van SAUK nuus (mening), Myron Naicker van East Coast Radio (sport), Lisa Steyn van Financial Mail (ekonomie), Hazel Friedman and Ridwaan Ismail vir SAUK se Special Assignment en Mail & Guardian (politiek), Sheree Bega van Saturday Star (volhoubaarheid), Dasen Thathiah, Nkanyiso Mdlalose en Francois Grobler van eNCA (brekende nuus/regstreekse uitsending), Mihlali Ntsabo van Eyewitness News (multi-media) en Karabo Ledwaba van Sowetan (Jong joernalis van die Jaar).

’n Foto van Timothy Omotoso wat deel was van die reeks waarmee Lulama Zenzile die prys gewen het. Foto: Lulama Zenzile
Een van die foto’s van Timothy Omotoso wat deel was van die reeks. Foto: Lulama Zenzile
’n Foto van Timothy Omotoso wat deel was van die reeks waarmee Lulama Zenzile die prys vir Fotograaf van die Jaar gewen het. Foto: Lulama Zenzile
’n Foto van Timothy Omotoso wat deel was van die reeks waarmee Lulama Zenzile die prys as Fotograaf van die Jaar gewen het. Foto: Lulama Zenzile

Meer oor:  Vodacom  |  Past. Timothy Omotoso  |  Toekenning  |  Fotograaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.