Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Fotograaf se lewe glo op die spel

“Ons wil nie nou in ’n woordetwis met enigeen betrokke raak nie, want Shiraaz se lewe is nog op die spel.”

So sê Shaaziya Brijlal, eksvrou van die Suid-Afrikaanse fotojoernalis Shiraaz Mohamed wat vandeesweek glo daarin kon slaag om na Turkye te vlug nadat hy in Januarie 2017 deur ’n gewapende groep in Sirië ontvoer en aangehou is.

Shiraaz, wat in die verlede vir nuusagentskappe op ’n vryskutbasis gewerk het, wou die impak van die oorlog op burgerlikes in Sirië dokumenteer. Hy het selfs van die foto’s wat hy geneem het voor sy ontvoering op sosiale media gedeel nadat hy hulp van ’n vrywilliger by Gift of the Givers gekry het om na Sirië te reis.

Shiraaz Mohamed.Foto: Verskaf

Shireen Mohamed, Shiraaz se ma, het dié organisasie Donderdag daarvan beskuldig dat hy “ongeverifieerde inligting” oor haar seun se “ontsnapping” aan joernaliste bekend gemaak het.

Brijlal, wat vroeër aan Netwerk24 bevestig het dat Shiraaz van sy ontvoerders kon wegkom, wou Vrydag nie “die proses” verder kompliseer deur enige uitlatings oor sy terugkeer na Suid-Afrika nie.

“Al wat ek kan sê, is dat verskeie partye hard agter die skerms werk om Shiraaz terug te bring. Ek dink dit is onverantwoordelik om wilde uitlatings te maak. Ons wil nie nou in ’n woordetwis met enigeen betrokke raak nie, want Shiraaz se lewe is nog op die spel. Hy sal self besluit of hy met enigiemand oor sy ontvoering en aanhouding wil praat,” sê Brijlal.

Volgens Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, sou dié organisasie nie valshede oor Shiraaz versprei nie. “Dit is nie ons bedoeling om enige valse inligting in die media te versprei nie. Die Suid-Afrikaanse regering het aan ons erken dat hulle in kontak is met die Turkse intelligensiediens oor die kwessie,” sê Sooliman.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Shiraaz Mohamed  |  Sirië  |  Turkye  |  Fotograaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.