Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
FOTO'S: Besoekers lê behoorlik weg in Nampo

Woensdag was die skou in Nampopark buite Bothaville nog besiger as Dinsdag en die kosstalletjies en restaurante het flink sake gedoen.

Die broers Mark en Jason Reed het reeds vroeg Woensdagoggend elk aan ’n beesvleisburger weggelê.Foto: Alet van der Walt

Klub 200, ’n restaurant wat deur Hennenman se gemeenskap bedryf word, verkoop gewoonlik 15 000 borde kos gedurende hierdie tyd en Riana Strydom, predikantsvrou van die dorp, sê sy glo vanjaar sal geen uitsondering wees nie.

Klub 200 verkoop ontbyt, middagetes en allerlei lekkernye.

Die restaurant is elke dag stampvol van besoekers wat kom aansit vir ’n bord kos en die kelners, leerlinge van die Hoërskool Hennenman, skarrel om voor te bly.

Die restaurant word ten bate van ’n paar ouetehuise, ’n kinderhuis en Hennenman se skole bedryf, en sorg jaarlikse vir ’n welkome inspuiting vir dié instansies se geldsake.

Die Wagyu-burgerstalletjie het Dinsdag 1 500 hamburgers verkoop, en Annelie van Rooyen van Vierfontein het Woensdagoggend gesê sy dink soos die dag vorder, gaan dinge net besiger word.

Johan Jordaan van Boksburg het by Klub 200-ontbyt gekoop. Jordaan sê dit is sy eerste besoek hier. Hy stel veral in die landbouwerktuie belang.Foto: Alet van der Walt
Dietmar Keil, ’n alpakka-boer van die Paarl, stal jaarliks alpakka-produkte by Nampo uit. By hom is Retha Jacobs van Bloemfontein wat een van die serpe bewonder. Foto: Alet van der Walt
Louise du Toit en Jacques de Beer van die Nguni-beestelersgenootskap beman die stalletjie waar besoekers produkte van Nguni-vel kan koop. Handsakke, kussings, geweersakke en gebreide velle word uitgestal.Foto: Alet van der Walt
Die tweeling MG en Iwan Boers van Kemptonpark bekyk een van die skape in die vee-afdeling in Nampopark.Foto: Alet van der Walt
Lienke Mostert van Bethlehem bewonder twee miniatuurperdjies, Amy (links) en Buttercup. Die perdjies van Cutie Pie-telers is in Nampopark te sien.Foto: Alet van der Walt
Meer oor:  Bothaville  |  Oesweek  |  Nampo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.