Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
FOTO'S: BMW-bestuurder vlug nadat motor deur winkel bars

Die bestuurder van ’n BMW het gevlug en sy luierende motor net so gelos nadat hy vroeg Woensdagoggend deur ’n muur van ’n kruidenierswinkel in Heuwelsig, Bloemfontein, geploeg het.

Die man, wat glo die grys BMW skaars enkele weke besit, het Woensdag omstreeks 01:00 deur die muur van Spar Heuwelsig gebars en tientalle gasbottels gemis.

Skade van derduisende rande is aan die winkel aangerig met bakstene, bourommel en kruideniersware wat oral rondlê.

Na wat verneem word het hy glo enkele ure voor die voorval in ’n kroeg daar naby gekuier.

Volgens ’n ooggetuie het hy sowat ’n uur nadat hy die kroeg verlaat het deur die winkel se muur gebars.

Buite die Heuwelsig Spar in Bloemfontein nadat ’n BMW Woensdag in die vroeë oggendure deur die muur van die winkel geploeg het. Foto: Mlungisi Louw

Die skade aan die binnekant van die Heuwelsig Spar in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw
Die skade wat aangerig is aan die Heuwelsig Spar nadat ’n bestuurder van ’n BMW vroeg Woensdagoggend deur ’n muur van die winkel geploeg het. Foto: Mlungisi Louw

Johnny Vincenti, eienaar van die Spar, sê hy is net ná 01:00 wakker gebel en het hom na die winkel gehaas.

“Ek was geskok en verbaas om dié tyd ’n oproep met dié soort nuus te kry. Dit was die laaste ding wat ek verwag het.”

Met sy aankoms by die winkel was die motor steeds aan die luier en die ligte aan, maar die bestuurder was skoonveld.

“Die voertuig is ’n totale wrak.”

Volgens Vincenti was die bestuurder nog nie by hom nie, maar hy het ’n voornaam van die eienaar van die BMW.

“Hoewel ek steeds vir die versekering wag, vermoed ek dit is derduisende rande se skade.”

Die BMW, met ’n GP-registrasienommer, is deur ’n insleepdiens van die toneel verwyder.

Navrae is aan die polisie gestuur.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Ongeluk  |  Bmw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.