Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
FOTO'S: Dag 2 van verkeerschaos in Pretoria
tshwane, staking, verkeersprobleme
Die staking deur munisipale werkers in Tshwane het Dinsdag vir 'n tweede dag voortgeduur. Foto: Felix Dlangamandla
Tshwane, vekeersprobleme, staking
Die polisie het talle paaie toegemaak. Foto: Isabel Venter

Gemoedere onder motoriste het hoog geloop op plekke in die middestad van Pretoria, waar verkeer vir 'n tweede dag erg ontwrig is deur 'n staking deur lede van die munisipale vakbond Samwu.

Tshwane, vekeersprobleme, staking
Stakende werkers het busse gebruik om paaie ontoeganklik te maak. Foto: Isabel Venter

Die polisie is by die landdroshof en hooggeregshof ontplooi om die verkeer te help herlei.

Busse het dwarsoor die pad op die hoek van Sophie du Bruyn- en Pretoriusstraat naby die landdroshof gestaan.

staking, tswhane, busse
Busse het paaie in die Pretoriase middestad vir 'n tweede dag versper. Foto: Isabel Venter
tswhane, staking, verkeersprobleme
Probleme is op talle plekke aangemeld. Ook op die hoek van Francis Baard- en Bosmanstraat. Foto: Isabel Venter

Berigte is ontvang van 'n erge verkeersopeenhoping by Steve Biko en Johan Heyns.

Vullis is ook in die strate gegooi, vermoedelik deur die stakende werkers.

tshwane, staking, verkeersprobleme
Paaie is ook met stukke beton versper. Foto: Felix Dlangamandla

Soos wat die geval Maandag was, het betogende busbestuurders van Tshwane se munisipale busdiens paaie en strate met onder meer busse versper. 

Soos vroeër berig het Sheila-Lynn Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer in Tshwane, gesê die metro weet reeds sedert verlede week dat Samwu-lede Maandag om beter lone sou betoog, maar die betogers het ’n “stappie te ver gegaan deur busse sonder toestemming van die stad te neem om die sakekern te ontwrig en honderde motoriste te verontrief”.

Tshwane, staking, verkeersprobleme
Betonblokke is op die pad gepak. Foto: Isabel Venter

Munisipale werkers wil ’n 18%-loonverhoging hê en hy voel dat die verbreking van die dooiepunt “doelbewus” deur die Tshwane-metro vertraag word.

Volgens Mpho Tladinyane, streeksekretaris van Samwu in die Groter Tshwane-streek, is munisipale busbestuurders ontevrede oor die salarisverhogings wat sommige van hul afdelingshoofde gekry het.

Tshwane, staking, verkeersprobleme
Stakende werkers het Dinsdag vroegoggend begin saamdrom. Foto: Isabel Venter

Meer oor:  Tshwane  |  Staking  |  Tshwane-Staking  |  Samwu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.