Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Foto’s: Eskom het 7 dae – vakbonde

Steenkoolaflewering by minstens ses kragsentrales is Donderdag ontwrig deur onwettige arbeidsoptrede, sê Eskom.

Dit het kragvoorsiening in die gedrang gebring en die kragvoorsiener sê hy kan nie waarborg dat daar geen kragonderbrekings sal wees nie.

Vroeër het 30 busse vol betogers opgedaag buite Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor in Sandton, waar die kragtoevoer Donderdag onderbreek is.

’n Betoger beduie wat hy van Eskom se 0%-salarisverhoging dink. Foto: Deaan Vivier
’n Foto van Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, waarop dit lyk of hy ’n middelvinger-teken wys, was die inspirasie vir dié plakkaat.Foto: Deaan Vivier
Eskom se base is in die verlede met prestasiebonusse beloon, maar werknemers kry vanjaar g’n verhoging nie. Foto: Deaan Vivier
Betogers soos RJ Janse van Rensburg is glad nie gediend met Eskom se standpunt oor salarisverhogings nie. Foto: Deaan Vivier
Die vakbond Numsa is lid van die vakverbond Saftu en een van die grootste vakbonde in die land.Foto: Deaan Vivier
As werkers nie binne sewe dae hul sin kry nie, gaan hulle die land se kragvoorsiening tot stilstand bring, dreig hulle. Foto: Deaan Vivier
Phakamani Hadebe (middel), uitvoerende hoof van Eskom, ontvang Donderdag ’n griefskrif van vakbonde by Megawatt Park in Sandton. Foto: Deaan Vivier
Toe Eskom se uitvoerende hoof op die verhoog verskyn om betogers te woord te staan, is hy nie vriendelik verwelkom nie. Foto: Deaan Vivier
Ondanks die kille ontvangs het Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, onderneem om onderhandelings oor salarisverhogings te hervat. Foto: Deaan Vivier
Vakbondlede het Eskom sewe dae gegee om te reageer op sy eise soos ’n salarisverhoging van tussen sewe en 15%.Foto: Deaan Vivier

Buite die toegangshekke het lede van onder meer Numsa plakkate rondgeswaai en slagspreuke soos “0% increase = 0% megawatts RSA” op T-hemde vertoon. Betogers het onbeskaamd gewys presies wat hulle van Eskom se beleid van geen salarisverhoging dink.

Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het ’n griefskrif van Numsa en die NUM in ontvangs geneem waarin hulle onder meer salarisverhogings van tussen nege en 15% eis. Vakbonde eis dat Eskom binne ’n week reageer.

Hadebe het onderneem om salarisonderhandelings voort te sit, hoewel Eskom vroeër gesê het hy kan dit nie bekostig om ’n verhoging aan te bied nie.

Meer oor:  Betoging  |  Eskom  |  Numsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.