Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
FOTO'S: Hael en reën oor binneland, ryp bly weg

Dinge lyk goed vir Vrystaatse boere oor die komende weke, sê Tonie Rossouw van die Suid-Afrikaans Weerdiens in Bloemfontein.

Rossouw sê mielieboere kan rustig slaap, dit lyk nie asof die Vrystaat voor die eerste of tweede week in Mei ryp kan verwag nie. Saaiboere in dié provinsie was tot nou bekommerd dat vroeë ryp tot skade aan die mielies kan lei omdat hulle weens die somerreëns wat vanjaar laat geval het eers baie laat geplant het.

Hael het oral op plase in die Bothaville-distrik gelê, maar gelukkig is min skade op die gesaaides aangemeld.

Hy sê ook toestande vir goeie reën is nog baie gunstig vir die volgende paar dae.

’n Bolug-trog wat Vrydag oor die land beweeg, tesame met ’n hoogdrukstelsel wat suid van die land lê, gaan veral vir die Vrystaat goeie reën bring, sê Rossouw.

Wydverspreide reën het boere in die sentrale binneland sedert Woensdag laat juig terwyl haelbuie wel hier en daar skade veroorsaak het.

Swaar reën, hael en donderweer het Woensdagmiddag veroorsaak dat reënmeters in die Bothaville-distrik binne net meer as ’n uur oorgeloop het.

Swaar reën en hael het Woensdag in die Bothaville-distrik geval.

Pieta Hoffmann, wat hier boer, sê sy varke het laat Woensdagmiddag verskriklik begin skree omdat koue water weens die hael in die hokke opgedam het.

“Die water was yskoud en ons moes ’n plan maak dat die water uitloop en grasbale in die hokke gooi sodat hulle nie in die ysige water staan nie,” sê hy.

Reënmeters het oorgeloop terwyl hael selfs “soos roomys” bo-op die meters gelê het, sê Hoffmann.

Hael lê wit op ’n grondpad in die Bothaville-distrik.

Cobus Claassen, versekeringsmakelaar van Bothaville, sê gelukkig het baie min boere in die gebied skade aangemeld. Die reën is welkom vir die mielies wat in verskillende stadiums van ontwikkeling is.

Desmon Reed sê by Wesselsbron is 30 mm aangeteken, by Kroonstad 17 mm, Hennenman 20 mm, Bloemfontein 11 mm en Fauresmith 14 mm.

In die Noord-Kaap het 64 mm reën reeds vandeesweek by Warrenton geval terwyl 19 mm by Orania gemeet is.

By Vaalharts is 50 mm gemeet.

’n Grondpad naby Bothaville lê wit van die hael.
’n Haelstorm het plase buite Bothaville laat lyk asof dit daar gesneeu het.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Hael  |  Reën  |  Kouefront
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.