Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Foto’s: Hoëlui help huise bou vir Mandeladag

Ter viering van oudpres. Nelson Mandela se verjaardag op 18 Julie het amptenare van die Kaapstad-metro help bou aan huise in ’n informele nedersetting naby Kaapstad.

Dan Plato, uitvoerende burgemeester van Kaapstad, stoot ’n kruiwa. Foto: Jaco Marais
Dan Plato en Malusi Booi, raadslid vir menslike nedersettings, staan en werk met ’n waterpas.Foto: Jaco Marais

Suid-Afrikaners landwyd word aangemoedig om op Mandeladag 67 minute lank ’n goeie daad te verrig, net soos Mandela 67 jaar vir vryheid en menseregte geveg het.

Mandeladag val vanjaar op ’n Donderdag, en talle organisasies en groepe reël aktiwiteite om die dag te vier.

Dan Plato, uitvoerende burgemeester van Kaapstad, asook Malusi Booi, raadslid vir menslike nedersettings, en Felicity Purchase, raadslid vir vervoer, het Woensdag 67 minute van hul tyd gebruik om huise in die Masiphumelele- informele nedersetting naby Kommetjie te help bou.

Plato het ander verpligtinge op Mandeladag en daarom is die geleentheid ’n dag vroeër gehou.

Plato, Booi en Purchase het Woensdag kruiwaens rondgestoot, sement gemeng en huise geverf op die bouterrein van die behuisingsontwikkeling.

Dié behuisingsprojek sal huise aan 277 begunstigdes van die gebied voorsien. Die projek sal na verwagting teen 2020 klaar wees.

Felicity Purchase, raadslid vir vervoer, Plato en Booi op die bouterrein saam met ander beamptes en bouwerkers.Foto: Jaco Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.