Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
FOTO'S: Inwoners hulpeloos toe brand wonings verswelg

Sowat 70 inwoners van ’n informele nedersetting in Walmer in Port Elizabeth moes Maandag omstreeks 03:00 hulpeloos toekyk hoe ’n verwoestende brand meer as 23 hutte in puin lê.

Volgens inwoners van die Area Q-uitbreiding moes hulle na veiligheid vlug en was daar glad nie kans om hul besittings te red nie. Niemand is in die brand beseer of dood nie.

Die inwoners is egter hul klere, meubels, amptelike dokumente en ander waardevolle items kwyt.

’n Inwoner wat die vlamme opgemerk het, het dadelik begin gil en aan deure geklop om die ander inwoners wakker te maak.

Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, en lede van sy burgemeesterskomitee sal die gebied Dinsdagoggend saam met regeringsdepartemente soos maatskaplike ontwikkeling, binnelandse sake, landelike nedersettings en die munisipale rampbestuurafdeling besoek om hulp te verleen.

Inwoners van Walmer probeer tevergeefs om die wegholbrand te blus. Foto: Lulama Zenzile
Minstens 23 hutte is in puin gelê is. Foto: Lulama Zenzile
Die brand was egter te verwoestend en die inwoners moes hulpeloos toekyk hoe hul aardse besittings vernietig word. Foto: Lulama Zenzile
Inwoners loop die volgende oggend rond in die puin om te kyk of enigiets van hul besittings behou gebly het. Foto: Lulama Zenzile

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Walmer  |  Brand  |  Plakkerskamp  |  Informele Nedersetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.